Wednesday 15 February 2017

Gospel powered Parenting (Session 2)

Eerste beginsel van ouerskap = Vrees van die Here
AGTERGROND
·         Vorige bespreking: Die hoofdoel van ouerskap = om God te verheerlik
·         Vraag na vore gekom: Die koninkryk van God en die koninkryk van die mens?
·         Reeeds bespreek (23 Junie 2016) “Ware geluk – ‘n produk van Godvresenheid” (Ps 128:1) bespreek

Agtergrond tekste uit vorige bespreking:
ü  Die vrees van die Here moet aangeleer word. Deutr 31:12; Ps 34:9, 11
ü  Hoe word die vrees van die Here aangeleer? Deutr 17:18-19; Deutr 31:13
ü  Hoe moes die Israeliete die vrees van die Here by hulle kinders inskerp? Jos 4:1-24; Spr 14:26
ü  Hoe kan ek dit vir my kinders inskerp?
ü  Watter bybel gedeeltes is deurslaggewend in die onderrig oor die vrees van die Here? Let veral op die magtige dade van God wat beide Sy liefde en geregtigheid, vriendelikheid en strengheid wys.
ü  Wat het die vrees van die Here tot gevolg in my lewe? Wat is die konkrete uitdrukking van die vrees van die Here in my lewe? Ps 111:10; Spr 1:7; Spr 10:27; Spr 16:6. Sien die skoonheid daarvan raak!
ü  Waarmee gaan die vrees van die Here gepaard? Jos 24:1; Spr 8:13; Spr 22:4; Job 1:8
ü  Wat staan die vrees van die Here teen? Noem drie dinge en hoe jy dit in jou lewe ervaar.
ü  Van wie kan ons die beste leer wat dit beteken om die Here te vrees? Jes 11:1-5
ü  Die vrees van die Here kan op die ou end ‘n aangeleerde mensegebod word, aJes 29:13,14. Wat is tekens in my lewe dat die vrees van die Here ‘n aangeleerde mensegebod is? Hoe waak ek daarteen?
ü  Wat kan ons doen as ons iemand sien wat die Here vrees? Spr 31:30
ü  Wat is die ewige evangelie wat verkondig moet word aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke? Open 14:6-7




VANDAG SE BESPREKING
Daar is verskeie wyses waarop ‘n opregte liefde vir God uigeoefen word – al hierdie wyses lei tot heilige dade[1]
·         hoogste agting vir God
·         begeerte na God
·         ware bekering
·         ware nederigheid
·         vrees vir God
·         gees van dankbaarheid
·         verwyderd van die wêreld en afgesonderde lewe vir God
·         Christelike liefde vir jou naaste
·         opregte hoop

OU-TESTAMENT
Hebreuse woord (Ou-Testament) vir vrees:  {H3372 (H853)} ‘Yare’/’Yira’

Die vrees van God is om sonde te haat
Spr 8:13
Die vrees van die Here is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en ‘n slegte wandel en ‘n huigelagtige (hypocritical/two-faced/slinkse woorde) mond haat ek (sofia).

Die vrees van God en die onderhouding van sy bevele/wet/gebooie loop hand aan hand
·         Gen 42:18
·         Deut 17:17-18
·         Deut 28:58
·         Deut 31:12
·         2 Kon 17:34
·         Ps 128:1




Die vrees van God het die volgende tot gevolg
·         Gehoorsaamheid:                           Eks 1:17 en 21 & Pred 8:12 & Ps 115:12-13
{Hierdie gehoorsaamheid kom deur middel van die onderhouding van God se gebooie (hand aan hand)}
DUS: Vrees is die tipe geloof wat God ernstig opneem
·         God se geluk “welgeluksalig”                      Ps 112:1               
·         Ervaring van God se goedheid                    Ps 31:20               
·         God se voorsienigheid                                  Ps 34:10               
·         God se beskerming                                         Ps 33:18               
·         God se allesoorheersende genade          Ps 103:11            
·         Vervulling van hartsbegeertes                   Ps 145:19            
·         Belydenis van wie God is                              Ps 118:4
·         Ware kennis van God                                     Spr 1:7

Die vrees van die Here is die duidelikste sigbaar by die kruisiging van Jesus Christus[2]
·         God se liefde en vrees word sigbaar.
·         Sien wat die sonde verdien asook die straf van God.
·         Die Seun wat sy lewe vir sondaars gee en so Sy liefde deur dade bewys.
·         Ongelowige: Ken net God se vrees, daar is nie ‘n manier om God se liefde te ken nie.
·         Gelowige: Rom 8:38-39 – Het niks om voor te vrees nie, a.g.v. God se liefde!
·         God is geduldig met sondaars, al is daar altyd nagevolge van sonde (bv David>Salomo>swaad).
·         Vergifenis aan die kruis is veronderstel om ons te lei tot die vrees van God.

NUWE TESTAMENT
Griekse woord (Nuwe-Testament) vir vrees:  {G2124} ‘eulabeia
Hebr 11:7
Deur die geloof het Noag, toe hy ‘n goddelike waarskuwing ontvang het aangaande wat nog nie gesien was nie, met eerbiedige vrees die ark gereed gemaak tot reddinng van sy huisgesin, waardeur hy die wêreld veroordeel het en ‘n erfgenaam geword het van die geregthigheid wat volgens die geloof is.
God se vrees word in ‘n persoon se gehoorsaamheid gesien!
Hebr 5:7-9
Hy (Jesus Christus)) wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hom geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs – Hy, al was hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat hy gely het; en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ‘n bewerker van ewige saligheid geword

DUS: Deur die werking van Jesus Christus is ook ons vrees vir God vervolmaak!

VANDAG
Implikasies vir ouerskap
Opdrag aan die wat die Here vrees (gelowiges)
Ps 118:4
Laat die wat die Here vrees, dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!
Alle persone se optrede word bepaal deur hulle vrees vir God.  Sover as wat ‘n persoon die Here vrees, sover sal hy poog om sonde te vermy en sover sal hy poog om heilig te lewe[3].
DUS: Govdvresenheid trek ons nader na God toe en lei ons na heiligheid!

Genesis 22:12
…nou weet ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie
Prediker 12:13
Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense

Spr 22:4
Die loon van die nederigheid is die vrees van die Here, is rykdom en eer en die lewe

SAMEVATTING
·         My hele nageslag word geseëen omdat ek God vrees!   Ps 128 & Ps 25:12-13 & Spr 10:28
·         Wedergeboorte van kinders word slegs deur God geskenk.
·         Iemand wat hul Bybel lees is ‘n bewys van hul vrees vir God
·         God gesentreerde ouers is so effektief omdat hulle God se vrees en liefde ken en sien hoe dit bymekaar pas.




[1] Jonathan Edwards in Charity and its fruits 1852
[2] Bill Farley
[3] Edwards, 1852:240

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.