Wednesday 15 February 2017

Een van die vrae wat opgekom het vanuit die damesoggendtee: Hoe om tyd te maak vir mekaar t.m.v die lewe se dolle gejaag (Vriende wat nie in die huwelik is nie).

Ons gesin het 'n eenvoudige plan bewerkstellig.  Ons skep "tradisies" saam met vriende.  Dan kuier mens ten minste een keer per jaar ordentlik :)
Bv.  Einde Januarie: Safari-ete saam met twee gesinne van ons universiteits vriende.  Ons kies 'n land as tema en elke gesin berei dan 'n gereg by hul huis vir die ander voor (wat pas by die tema, natuurlik! En ons trek ook so aan).

Augustus: Koninklike ete - Ons nooi elke jaar dieselfde gesin vir 'n saam  vir 'n heerlike ete, trek koninklik aan, dek die tafel koninklik en eet natuurlik koninklik

Desember: Kersete (maar nie op Kersdag nie) saam met dieselfde gesin elke jaar en ons neem dan ook mekaar se gesinne af vir 'n mooi gesins-foto elke jaar en gee vir elke lid van mekaar se gesinne 'n klein geskenkie - ons maak beurte by wie se huis die ete is.

En op hierdie wyse sien ons hierdie paar gesinne darm een maal 'n jaar.  En omdat dit mos nou 'n tradisie is is dit ook sommer 'n prioriteit!  Gelukkig is daar deur die jaar nog verjaarsdae en ander geleenthede ook waar ons lekker saam kan kuier :)

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.