Monday 30 January 2017

Gospel powered parenting (Session 1)

Die uiteindelike eindpunt/doel van ouerskap

(The Ultimate End of Parenting)
deur Bill Farley (5 volwasse kinders wat Godvresend is deur die genade van God)

Deel 1: Teologie

Ken God
Ouerskap gaan fundamenteel daaroor om God te ken en nie jou kinders nie. Ken eers die Woord, dan sal jy ʼn ouer kan wees.

Wie is die middelpunt?

Kind-gesentreerd
Moderne ouerskap is in groot gevaar, want dis kind-gesentreerd. Ouers is so bekommerd dat hulle dalk hul kinders se lewens sal opmors. “Sukses” van kinders is ʼn groot bekommernis.
Menige Christen-ouer is bekommerd dat hul kinders nie Godvresend sal wees as volwassenes nie. Die realiteit is dat sommige kinders wegloop van die kerk. 61% jong volwassenes het afgedwaal.

God-gesentreerd
Bybelse ouerskap is God-gesentreerd. Die mees effektiewe ouerskap is om dit eenvoudig te hou. Ignoreer moderne advies oor kinderopvoeding – die Bybel is genoeg!
1.      Stel Bybelse etiese standaarde (dis hoog!)
2.      Onderrig en dissiplineer volgens hierdie standaarde.
3.      Gee en wys liefde in oorvloed. (Drukkies, sagte woorde...)
4.      Vind rus in die genade wat deur die Evangelie gebring word.

Die doel van ouerskap
Waaroor gaan ouerskap? Hoekom gee God kinders? Wat is die einddoel?
Die verheerliking (glory) van God!
Die verheerliking van God is wat ons gelukkig maak. Hoe meer God verheerlik word, hoe gelukkiger is ons. Sy verheerliking is God-gesentreerd. God is liewer vir Sy heerlikheid as vir ons.

Jes 43:6-7 Wat is God se heerlikheid? God se heerlikheid is Sy eienskappe.

Gen 1:26-28 God beveel Adam en Eva om die aarde met kinders wat na Sy beeld geskape is te vul. God se beeld is Sy heerlikheid. Jesus is die perfekte beeld van God (God se morele heerlikheid wat Adam nie kon wees nie). Die mens reflekteer hierdie beeld wanneer hy soos Christus is (liefde, haat die slegte, bewys genade, ens.) Die sonde maak dat die mens nie die beeld van God reflekteer nie, maar eerder die beeld van die duiwel wat die prins van die wêreld is.

Hab 2:13, Jes 11:9 God het nie vergeet van Sy oorspronklike plan nie!

Kol 1:15 Christus is die Beeld van God

Nuwe aarde
Die nuwe aarde sal vol van die heerlikheid van God wees, sonder enige “foute”.
Die sonde bring onmiddellike genot – gehoorsaamheid is soms onaangenaam of moeite op die oomblik, maar dit bring lang termyn geluk. God se uiteindelike plan is om sonde uit te wis en die aarde met heilige mense te vul. Stel jouself  ʼn lewe sonder sonde voor…
Op die nuwe aarde sal geen huwelike nodig wees nie, want ons sal getroud wees met Christus. Die aarde sal vervul wees met die heerlikheid van God, dus sal daar geen nut wees vir die huwelik en voortplanting nie. (Mat 22:30)

Bybelse waarhede
1.      God skep alle dinge vir Sy heerlikheid.
2.      God skep Adam en Eva na Sy beeld.
3.      Adam en Eva moes die aarde vul met Sy Beeld.
4.      Adam en Eva vul die aarde met die beeld van die duiwel.
5.      Die 2de Adam, Jesus Christus, kom om Sy oorspronklike plan reg te stel.
6.      Jesus gaan na die kruis en neem ons sonde op Hom. God se wraak kom neer op Hom. A.g.v. Jesus is die wraak van God nie op ons nie en word ons nie verlaat deur God nie (verwyder van Sy familie nie).
7.      God hanteer ons asof ons nie gesondig het nie deur Christus.
8.      Om God tevrede te stel moet jy perfek wees...

Leer hierdie waarhede vir jou kinders oor en oor en oor (ook wanneer jy dissiplineer), want menslik wil ons altyd God se redding verdien. Hoekom probeer ons steeds altyd diep in ons harte God se guns verdien?
Ouerskap is om saam met God te werk (in diens van God) om Sy plan om die aarde met Sy heerlikheid te vul uit te voer. Die enigste doel is die heerlikheid van God en jou kinders sal gelukkig wees. Wanneer ons doel is om ons kinders gelukkig te maak kan die teenoorgestelde dalk gebeur. Heilige mense is gelukkige mense. Soms begin dit met pyn, maar die uiteinde is geluk.

Deel 2: Toepassing

1.      Dit gaan nie oor my nie!
-          Hoekom het God vir my kinders gegee? Dit gaan nie oor my nie of hoe hulle my laat lyk nie. Dit gaan nie eers oor my kinders nie en of hulle gelukkig is nie.
Wanneer ek sterf en my kinders is Godvresend dan sal God sê mooi so goeie en getroue slaaf. Maak nie saak of ek en my kinders oor die weg kom en of hulle van my hou nie.

2.      Wees ʼn ouer met die oordeelsdag voor oë, nie ʼn goeie beroep, universiteit of aanvaarbare lewe nie.

3.      Vind rus in God.
-          Jy kan nie perfek wees nie! Ek kan net nie ʼn goeie ouer wees nie! Jy en jou kinders is nie perfek nie, want ons het ʼn Verlosser nodig. Verlossing kan nie deur ons bewerkstellig word nie. Die wat dit glo bid meer, stres minder en geniet die lewe. Behoeftige (needy) mense bid. ʼn Goeie selfbeeld maak nie saak nie.

4.      Moenie jou lewe rondom jou kinders bou nie, maar bou jou lewe rondom God.

-          Kinders is afgodjies wanneer ons iets uit ons verhouding met ons kinders soek wat net God ons kan gee. Wat kan net God ons gee? Identiteit, betekenis, geluk, algehele vergenoegdheid. Kinders sal jou teleurstel en gelukkig maak. God is jaloers. (Offer van Isak. Wie stel jy eerste?)

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.