Die Here het geestelike gawes ook aan ons as vroue gegee, maar die vraag is: hoe kan ek dit in die gemeente gebruik? Lees meer oor die rol van die vrou soos God dit bestem het.
Showing posts with label bespreking notas. Show all posts
Showing posts with label bespreking notas. Show all posts
Wednesday, 10 October 2018
Hoofstuk 7: "PMS"
Sommige mense meen PMS staan vir "Prehistoric monster syndrome"!
Dit klink erg, maar dit is 'n tyd van intense emosies wat erg op 'n vrou en die mense rondom haar kan wees. Hoe kan ek dit beter hanteer? Lees meer hieroor
Dit klink erg, maar dit is 'n tyd van intense emosies wat erg op 'n vrou en die mense rondom haar kan wees. Hoe kan ek dit beter hanteer? Lees meer hieroor
Thursday, 4 October 2018
Hoofstuk 6: "Vanity"
Spieeltjie, spieeltjie in my hand, wie is die mooiste in die land?
Ware skoonheid is meer as net 'n mooi gesig of lyf. Die Here wys vir ons wat regtig mooi is. Kliek hier om meer te lees
Ware skoonheid is meer as net 'n mooi gesig of lyf. Die Here wys vir ons wat regtig mooi is. Kliek hier om meer te lees
Friday, 20 July 2018
Hoofstuk 4: "Manipulation"
I am supposed to respond how?
Wat is manipulasie en is alle manipulasie sondig? Kliek hoor om meer uit te vind.
Wat is manipulasie en is alle manipulasie sondig? Kliek hoor om meer uit te vind.
Thursday, 21 June 2018
Hoofstuk 3: "Idolatrous Emotional Attachments"
What do you mean I can live without him?
Wat is goddelose emosionele verbindings? Kliek hier om meer hieromtrent te leer.
Lees die volgende artikel van John Piper vir meer inligting : Let marriage be held in honor
Lees die volgende artikel van John Piper vir meer inligting : Let marriage be held in honor
Thursday, 24 May 2018
Wednesday, 8 November 2017
Karaktereienskap: Vergifnis
Luister na die volgende preek deur Pastor John Mac Arthur: Forgiveness
“To err is human, to forgive is divine” – Alexander Pope
Lees meer oor wat die Bybel ons hieromtrent leer
Tuesday, 10 October 2017
Karakter eienskap: Gehoorsaamheid
Friday, 8 September 2017
Karakter eienskap: Geloof
“Ek glo” so bely ons. Ons is gelowiges.
Die geloof onderskei ons van ander mense. Dis ons unieke
kenmerkende eienskap.
Ons leef altyd en oral uit
die geloof, “ons glo” staan oor ons hele lewe geskrywe.
Bou aan 'n Godvrugtige karakter
Inleidend
Die verkeerde wat jou kind
doen is nie altyd ‘n direkte verset teen jou gesag nie (ongehoorsaamheid). Baie
van die verkeerde wat jou kind doen is as gevolg van ‘n tekort aan karakter. (Paul David Tripp)
Lees meer
Kliek hier vir Power Point aanbieding.
Kliek hier vir 'n lys van emosies en moontlike vrae om die hart agter gedrag te bepaal.
Thursday, 3 August 2017
Verskuilde kuns
Dit is geen tydmors om skeppend besig te wees nie, in
teendeel, jy is besig om te wees wat God jou geskape het om te wees!
Labels:
Bespreking groep,
bespreking notas
‘n Vrou se werk: roeping vs beroep
Baie
vrouens worstel met die besluit om te werk of nie te werk nie (beroep beoefen) veral
wanneer daar kindertjies in die gesin begin aankom. Tydens hierdie bespreking
wil ons kyk wat die Bybel vir ons leer oor die vrou, werk asook ons rol as
vrouens vir ons mans, ma’s vir ons kinders en werkers in ons huis. Lees meer
Labels:
Bespreking groep,
bespreking notas
Tuesday, 9 May 2017
Monday, 8 May 2017
Gesinsvorming en Geboortereeling
“So, is dit nou julle laaste enetjie of beplan julle nog
kindertjies?” ‘n Vraag wat enige wild vreemde winkelier vir mens durf vra as jy
met jou reeds oorvol hande by die toonbank aankom. Ek kry altyd ‘n wrewel aan
so vraag. Wat het dit met hulle uit te waai? Ook sit die woord “beplan” my
sommer dwars.
Labels:
Bespreking groep,
bespreking notas
Tuesday, 25 April 2017
Gospel-powered Parenting: Ladies Breakout
Gospel-powered Parenting: Ladies Breakout
5 Eienskappe van ‘n Evangelie-gedrewe ma
|
Praatjie
deur Judy Farley
Besprekingsgroep: 30 Maart 2017 |
|
|
|
Inleiding
Nie maklik om kinders groot te
maak nie, maar moenie moedeloos raak nie
Kan nie kinders volgens boek grootmaak nie (daar is praktiese raad in boeke
maar Evangelie is belangrikste)
Kinders se redding is belangrikste
Moet kinders voorberei vir ewige lewe – Hoe?
- Evangelie moet in jou eie lewe sigbaar wees
Bespreek bg. stelling (Sy sê die lewe gaan nie oor
prestasies nie. Gaan nie eers oor regte huweliksmaat nie – gaan oor
voorbereiding vir ewige lewe.)
5 Eienskappe van ‘n ma wat deur evangelie gedryf word
1. Evangelie-gedrewe ma sien die liefde van
God wat vir haar gewys word in die Evangelie en reageer op hierdie liefde deur
haar kinders groot te maak in God se liefde en tot Sy eer.
Liefde
wat sy nêrens anders sal kry nie (nie van man of kinders nie)
Toepassing: Sy is liewer vir God as haar
kinders. Sy wil hulle grootmaak tot sy eer. Ons sal enige iets aanbid wat ons
dink vir ons geluk bring. Wie aanbid jy?
Moenie God probeer vervang nie. Dit is positief vir jou kind. Het jou kind lief
met hoogste vorm van liefde. 2 Kor3:15. “Ja, tot
vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ‘n bedekking oor hulle
hart;16 maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking
weggeneem. 17 Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is,
daar is vryheid.” As
Christus jou fokus is, sal jy Sy Beeld reflekteer. John Piper: “We will see glory and become
glorious”
Hoe
groei ons in liefde vir God?
1.
Gaan na plek waar Hy openbaar word
– Sy Woord. Spandeer tyd met God se Woord. 1 Joh. 4
2.
Lees goeie, Christelike boeke. (Trust
in God, even when it hurts. Jerry Brown.)
3.
Toewyding aan jou gemeente.
Bybelstudies, kleingroepe. Kerkbywoning.
2.
Evangelie-gedrewe ma
verstaan wat die Evangelie sê oor sonde en hoe ernstig sonde is.
Hoe?
Help kinders om te verstaan dat, al is ouers lief vir hulle, draai die lewe nie om hulle nie.
Moeilik in kind-gesentreerde wêreld. Lauren Slater: “Mense met goeie
selfvertroue is grootste bedreiging vir samelewing.”
Kinders moet voor kruis draai. Moet weet God het hulle so lief dat Hy Sy seun gestuur het. Joh_3:16 “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”
Kinders moet voor kruis draai. Moet weet God het hulle so lief dat Hy Sy seun gestuur het. Joh_3:16 “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”
Hoe
kan ons kinders help om nie selfgesentreerd te wees nie?
1.
Moenie bederf nie. Moenie alles koop wat hulle wil hê nie.
Moenie bang wees om nee te sê nie.
2.
Leer hulle om die res van gesin te dien – werkies. Los
werkies in huis. Tafel dek. Respek teenoor gesin.
3.
Leer hulle om dankbaar te wees. Moenie selfbejammerend wees
nie. Jy verdien niks. Evangelie leer ons jy verdien niks.
Leer kinders van gesag. God is Heilig. Eenkeer
se ongehoorssaamheid het Christus se lewe gekos. Gen 3:11: “En Hy sê: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is?
Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie?” Gen
3:15: “En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en
haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.” God
gee sommige van sy gesag aan mense – ouers. Hy laat ons Sy gesag bedien. Leer
kinders om met respek teenoor volwassenes op te tree. Nie grootmense in rede
val nie. Met respek praat met ouers en ander volwassenes. Exodus
20:12 “Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die
land wat die HERE jou God aan jou gee.”
Sy dissiplineer haar kinders. Sonde het gevolge.
Dissiplineer nou kinders sodat hulle vir res van hulle lewe gedissiplineerd is
en gesag gehoorsaam. Sien Exodus 20:12. Liefdevol, ouderdomsgepas. Pakslae
verseker nie redding nie. Maar kinders moet leer dat sonde destruktief is. Rom 6:11: “So moet julle ook reken
dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus,
onse Here. Rom 6:12: Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam
nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. Rom 6:13:
En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van
ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit
die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die
diens van God. Rom 6:14: Want die sonde sal oor julle nie heers nie;
want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.” Eerste
keer gehoorsaam – belangrik! Konsekwentheid. Kanaliseer sterk wil vir God se
heerlikheid.
4.
Evangelie-gedrewe ma sien
God se regerings-orde in die Evangelie.
1.
Sy glo dat Drie-Eenheid verskillende rolle het. Tog
eienskappe wat Hulle nie deel. Vader stuur Seun, Seun sterf en staan op en
Heilige Gees pas werk van Chrsitus toe. 1Kor
11:3: “Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke
man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.” Efesiërs 5
Sy vier en respekteer haar man se leierskap in die huis. Onderwerp aan man omdat sy prag van Christus se onderwerping sien. Hy onderwerp aan Sy Vader en kom sterf in ons plek. Markus 14:35: “En toe Hy ‘n bietjie verder gegaan het, val Hy op die grond en bid dat, as dit moontlik was, dié uur by Hom sou verbygaan. Mark 14:36: En Hy sê: Abba, Vader, alle dinge is vir U moontlik; neem hierdie beker van My weg; nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil.” (Christus vra of daar nie ander uitweg is).
Hoe baat kinders hierby? Hulle sien evangelie voor hulle in die huis. Hoe lief Christus die Kerk het en ma wys hierdie liefde vir kinders wanneer sy die pa liefhet. Paulus: Evangelie deur huwelik.
Sy vier en respekteer haar man se leierskap in die huis. Onderwerp aan man omdat sy prag van Christus se onderwerping sien. Hy onderwerp aan Sy Vader en kom sterf in ons plek. Markus 14:35: “En toe Hy ‘n bietjie verder gegaan het, val Hy op die grond en bid dat, as dit moontlik was, dié uur by Hom sou verbygaan. Mark 14:36: En Hy sê: Abba, Vader, alle dinge is vir U moontlik; neem hierdie beker van My weg; nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil.” (Christus vra of daar nie ander uitweg is).
Hoe baat kinders hierby? Hulle sien evangelie voor hulle in die huis. Hoe lief Christus die Kerk het en ma wys hierdie liefde vir kinders wanneer sy die pa liefhet. Paulus: Evangelie deur huwelik.
2.
Sosiale studies: Vader se invloed op kinders is baie groot.
Urie Bronfenbrenner – sosiale sielkundige: Kinders wat grootword sonder pa,
baie probleme. Maar ons glo God is die Vader van die sonder pa’s. Enkelouers
moet dit glo. Moet God se instruksies vir gesinne lees in Bybel. Pa se geestelike
voorbeeld grootste invloed op kinders (Switserse studie). Algemene openbaring. Ons
handleiding is die Bybel – ons leer dit daar.
Hoe lyk dit as jy God se orde
verstaan?
- Dank God vir jou man
- Eer hom privaat en voor kinders. Gee komplimente
- Hou op kla oor hom – voor God, vriende en veral kinders
- Vra hom om te lei en gee ‘n tree terug – hou jy op lei!
- Vertrou God om op te maak vir jou man se tekortkominge 1Petrus 3:1: “Net so moet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin kan word. 1Petrus 3:2: as hulle jul reine, godvresende wandel aanskou het.”
- Dank God vir jou man
- Eer hom privaat en voor kinders. Gee komplimente
- Hou op kla oor hom – voor God, vriende en veral kinders
- Vra hom om te lei en gee ‘n tree terug – hou jy op lei!
- Vertrou God om op te maak vir jou man se tekortkominge 1Petrus 3:1: “Net so moet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin kan word. 1Petrus 3:2: as hulle jul reine, godvresende wandel aanskou het.”
5.
Evangelie-gedrewe ma
verstaan dat haar kind slegs deur die Evangelie gered kan word. Daarom bid sy
vir haar kinders.
Hoe?
Sy bid. Sy bid. Sy bid.
1.
Verstaan kind se behoeftes
(redding).
Weet dat haar kind se redding ‘n perfekte offer verg. Kruis. Sy weet dat haar
kind se redding nie in haar hand eis nie. A Praying life – Paul Miller. Jy kan nie jou kind se hart verander nie. As
jou kind gered is, het hulle steeds gebed nodig om uit te hou in hierdie
wêreld. Hierdie wêreld kan hard en pynlik wees. Kinders is eintlik geskep
vir ewige lewe.
2.
Weet jy moet bid met
ewigheidsperspektief. Heb 13:14: “Want ons
het hier geen blywende stad nie, maar ons soek die toekomstige.”Ons gaan in
hemel of hel vir altyd lewe. 2 Kor 4:17: “Want
ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is, bewerk vir ons ‘n alles
oortreffende ewige gewig van heerlikheid; 4:18 omdat ons nie let op
die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is
tydelik, maar die onsigbare ewig. God gebruik alles in die lewe ten
goede. God skryf jou kind se storie (Paul Miller).
3.
Weet bid met
ewigheidsperspektief kan dalk pyn vir jou kind in hierdie lewe beteken. God het jou kind geweef
in die moederskoot. Psalm 139:13: “Want
U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.” presies soos
Hy hom wil hê. God het Sy Seun gegee vir ons redding. Sodat ons verhouding kan
hê met Hom. God bring altyd die goeie
uit die bose vir Sy kinders in hierdie lewe. Bid dat God dinge in jou kind se
lewe sal gebruik om hom/haar nader aan Hom te bring.
4.
Weet dat gebed ‘n
langtermyn belegging is. Daar is nie ‘n kitsoplossing nie. God se tyd is nie ons tyd
nie. Hy het hele leeftyd om met kinders te werk. Moenie moed opgee. Bid vir jou
kinders! God doen groot goed in kinders se lewens – en Hy benodig nie baie om
mee te werk nie.
5.
Evangelie-gedrewe ma word
beÏnvloed deur
Chrsitus se voorbeeld van selfopofferende liefde, sy pas dit toe op haar
kinders en sy is ‘n voorbeeld van Christus se liefde.
Jou
kinders kyk altyd wat jy doen. Kevin de Young – hulle sien alles wat jy doen en
volg jou reëls.
1. Hulle sien hoe jy met
hulle pa werk. Bybel vol opdragte om ouers te eer. As jy wil hê kinders moet
hulle pa eer, moet jy hulle leer om dit te doen. Watter prentjie het jy van hom
in hulle koppe gesit? Wat sien hulle in jou gedrag teenoor hulle pa? Jy is die
visuele toepassing van opdrag
2. Hulle wil sien wie jou God
is. Wys jy vir hulle wie God is? Wys jy dat slegs God jou tevrede kan stel?
Sien hulle dat jy jou identiteit in Chrsitus vind of kom hulle agter dat jy jou
idintiteit in hulle en hulle prestasies vind? Materialisme? Hardloop jy agter
wêreld aan vir bevrediging? As jy wil hê jou kinders moet jou God liefhê, moet
hulle sien hoe jy Hom liefhet. Laat hulle sien hoe jy na Hom gaan vir vergifnis
as jy gesondig het.
Kinders moet verby jou kyk na die God
wie jy dien!
Labels:
Bespreking groep,
bespreking notas
Subscribe to:
Posts (Atom)







