Tuesday 25 April 2017

Gospel-powered Parenting: Ladies Breakout








Gospel-powered Parenting: Ladies Breakout

5 Eiens
kappe van ‘n Evangelie-gedrewe ma
Praatjie deur Judy Farley
Besprekingsgroep: 30 Maart 2017



Inleiding
Nie maklik om kinders groot te maak nie, maar moenie moedeloos raak nie
Kan nie kinders volgens boek grootmaak nie (daar is praktiese raad in boeke maar Evangelie is belangrikste)
Kinders se redding is belangrikste
Moet kinders voorberei vir ewige lewe – Hoe?
- Evangelie moet in jou eie lewe sigbaar wees

Bespreek bg. stelling (Sy sê die lewe gaan nie oor prestasies nie. Gaan nie eers oor regte huweliksmaat nie – gaan oor voorbereiding vir ewige lewe.)


5 Eienskappe van ‘n ma wat deur evangelie gedryf word

1. Evangelie-gedrewe ma sien die liefde van God wat vir haar gewys word in die Evangelie en reageer op hierdie liefde deur haar kinders groot te maak in God se liefde en tot Sy eer.

Liefde wat sy nêrens anders sal kry nie (nie van man of kinders nie)
Toepassing: Sy is liewer vir God as haar kinders. Sy wil hulle grootmaak tot sy eer. Ons sal enige iets aanbid wat ons dink vir ons geluk bring. Wie aanbid jy? Moenie God probeer vervang nie. Dit is positief vir jou kind. Het jou kind lief met hoogste vorm van liefde. 2 Kor3:15. “Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ‘n bedekking oor hulle hart;16 maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem. 17 Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.”  As Christus jou fokus is, sal jy Sy Beeld reflekteer.  John Piper: “We will see glory and become glorious”

Hoe groei ons in liefde vir God?
1.      Gaan na plek waar Hy openbaar word – Sy Woord. Spandeer tyd met God se Woord. 1 Joh. 4
2.      Lees goeie, Christelike boeke. (Trust in God, even when it hurts. Jerry Brown.)
3.      Toewyding aan jou gemeente. Bybelstudies, kleingroepe. Kerkbywoning.


2.             
  Evangelie-gedrewe ma verstaan wat die Evangelie sê oor sonde en hoe ernstig sonde is.
Hoe? Help kinders om te verstaan dat, al is ouers lief vir hulle, draai die lewe nie om hulle nie. Moeilik in kind-gesentreerde wêreld. Lauren Slater: “Mense met goeie selfvertroue is grootste bedreiging vir samelewing.”
Kinders moet voor kruis draai. Moet weet God het hulle so lief dat Hy Sy seun gestuur het. J
oh_3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Hoe kan ons kinders help om nie selfgesentreerd te wees nie?
1.      Moenie bederf nie. Moenie alles koop wat hulle wil hê nie. Moenie bang wees om nee te sê nie.
2.      Leer hulle om die res van gesin te dien – werkies. Los werkies in huis. Tafel dek. Respek teenoor gesin.
3.      Leer hulle om dankbaar te wees. Moenie selfbejammerend wees nie. Jy verdien niks. Evangelie leer ons jy verdien niks.
Leer kinders van gesag. God is Heilig. Eenkeer se ongehoorssaamheid het Christus se lewe gekos. Gen 3:11:  “En Hy sê: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie?” Gen 3:15: “En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.” God gee sommige van sy gesag aan mense – ouers. Hy laat ons Sy gesag bedien. Leer kinders om met respek teenoor volwassenes op te tree. Nie grootmense in rede val nie. Met respek praat met ouers en ander volwassenes.  Exodus 20:12 “Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.” 
Sy dissiplineer haar kinders. Sonde het gevolge. Dissiplineer nou kinders sodat hulle vir res van hulle lewe gedissiplineerd is en gesag gehoorsaam. Sien Exodus 20:12. Liefdevol, ouderdomsgepas. Pakslae verseker nie redding nie. Maar kinders moet leer dat sonde destruktief is. Rom 6:11:  “So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here. Rom 6:12:  Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. Rom 6:13:  En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God. Rom 6:14:  Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.” Eerste keer gehoorsaam – belangrik! Konsekwentheid. Kanaliseer sterk wil vir God se heerlikheid. 
4.      Evangelie-gedrewe ma sien God se regerings-orde in die Evangelie.

1.      Sy glo dat Drie-Eenheid verskillende rolle het. Tog eienskappe wat Hulle nie deel. Vader stuur Seun, Seun sterf en staan op en Heilige Gees pas werk van Chrsitus toe. 1Kor 11:3: “Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.” Efesiërs 5
Sy vier en respekteer haar man se leierskap in die huis. Onderwerp aan man omdat sy prag van Christus se onderwerping sien. Hy onderwerp aan Sy Vader en kom sterf in ons plek. Markus 14:35:  “En toe Hy ‘n bietjie verder gegaan het, val Hy op die grond en bid dat, as dit moontlik was, dié uur by Hom sou verbygaan. Mark 14:36:  En Hy sê: Abba, Vader, alle dinge is vir U moontlik; neem hierdie beker van My weg; nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil.”  (Christus vra of daar nie ander uitweg is).

Hoe baat kinders hierby? Hulle sien evangelie voor hulle in die huis. Hoe lief Christus die Kerk het en ma wys hierdie liefde vir kinders wanneer sy die pa liefhet. Paulus: Evangelie deur huwelik.

2.      Sosiale studies: Vader se invloed op kinders is baie groot. Urie Bronfenbrenner – sosiale sielkundige: Kinders wat grootword sonder pa, baie probleme. Maar ons glo God is die Vader van die sonder pa’s. Enkelouers moet dit glo. Moet God se instruksies vir gesinne lees in Bybel. Pa se geestelike voorbeeld grootste invloed op kinders (Switserse studie). Algemene openbaring. Ons handleiding is die Bybel – ons leer dit daar.
Hoe lyk dit as jy God se orde verstaan?
- Dank God vir jou man
- Eer hom privaat en voor kinders. Gee komplimente
- Hou op kla oor hom – voor God, vriende en veral kinders
- Vra hom om te lei en gee ‘n tree terug – hou jy op lei!
- Vertrou God om op te maak vir jou man se tekortkominge   1Petrus 3:1: “Net so moet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin kan word. 1Petrus 3:2:  as hulle jul reine, godvresende wandel aanskou het.”

5.      Evangelie-gedrewe ma verstaan dat haar kind slegs deur die Evangelie gered kan word. Daarom bid sy vir haar kinders.
Hoe? Sy bid. Sy bid. Sy bid.
1.      Verstaan kind se behoeftes (redding). Weet dat haar kind se redding ‘n perfekte offer verg. Kruis. Sy weet dat haar kind se redding nie in haar hand eis nie. A Praying life – Paul Miller. Jy kan nie jou kind se hart verander nie. As jou kind gered is, het hulle steeds gebed nodig om uit te hou in hierdie wêreld. Hierdie wêreld kan hard en pynlik wees. Kinders is eintlik geskep vir ewige lewe.
2.      Weet jy moet bid met ewigheidsperspektief. Heb 13:14: “Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons soek die toekomstige.”Ons gaan in hemel of hel vir altyd lewe. 2 Kor 4:17: “Want ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is, bewerk vir ons ‘n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid; 4:18 omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.  God gebruik alles in die lewe ten goede. God skryf jou kind se storie (Paul Miller).
3.      Weet bid met ewigheidsperspektief kan dalk pyn vir jou kind in hierdie lewe beteken. God het jou kind geweef in die moederskoot. Psalm 139:13:  “Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.”  presies soos Hy hom wil hê. God het Sy Seun gegee vir ons redding. Sodat ons verhouding kan hê met Hom.  God bring altyd die goeie uit die bose vir Sy kinders in hierdie lewe. Bid dat God dinge in jou kind se lewe sal gebruik om hom/haar nader aan Hom te bring.
4.      Weet dat gebed ‘n langtermyn belegging is. Daar is nie ‘n kitsoplossing nie. God se tyd is nie ons tyd nie. Hy het hele leeftyd om met kinders te werk. Moenie moed opgee. Bid vir jou kinders! God doen groot goed in kinders se lewens – en Hy benodig nie baie om mee te werk nie.

5.   Evangelie-gedrewe ma word beÏnvloed deur Chrsitus se voorbeeld van selfopofferende liefde, sy pas dit toe op haar kinders en sy is ‘n voorbeeld van Christus se liefde.
Jou kinders kyk altyd wat jy doen. Kevin de Young – hulle sien alles wat jy doen en volg jou reëls.
1.      Hulle sien hoe jy met hulle pa werk. Bybel vol opdragte om ouers te eer. As jy wil hê kinders moet hulle pa eer, moet jy hulle leer om dit te doen. Watter prentjie het jy van hom in hulle koppe gesit? Wat sien hulle in jou gedrag teenoor hulle pa? Jy is die visuele toepassing van opdrag
2.      Hulle wil sien wie jou God is. Wys jy vir hulle wie God is? Wys jy dat slegs God jou tevrede kan stel? Sien hulle dat jy jou identiteit in Chrsitus vind of kom hulle agter dat jy jou idintiteit in hulle en hulle prestasies vind? Materialisme? Hardloop jy agter wêreld aan vir bevrediging? As jy wil hê jou kinders moet jou God liefhê, moet hulle sien hoe jy Hom liefhet. Laat hulle sien hoe jy na Hom gaan vir vergifnis as jy gesondig het.

Kinders moet verby jou kyk na die God wie jy dien!

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.