Thursday 29 September 2016

Word toornig en moenie sondig nie- Sessie 2

Marriage and family living class by dr Joel Beeke:
http://www.sermonaudio.com/sermoninfo.asp?SID=170712570

Kliek op die onderstaande skakel om die voorgestelde artikel ivm vergifnis deur dr Keller te lees:
http://vinechurch.com.au/media/pdf/Forgiveness_and_Reconciliation.pdf

Bespreking Notas:

Word toornig – en moenie sondig nie (sessie 2)
Inleiding (verwys na sessie 1):
1.      Definisie:(vorige bespreking) &
‘Anger deadens the soul and numbs the heart to beautiful emotions such as joy, gratitude, hope, tenderness, compassion and kindness. A heart where anger does not live is open to worship and sweet relationships.’
2.      Verkeerde kwaadheid het ‘n afbrekende krag

Hoe moet ons met ons kwaadheid omgaan?
1.      God en Sy woede
-            Deel van Sy karakter (Ex 4:14,Num25:3)
-            Afwisselend (Rig2:20-23, Jes 5:25, Jes 42:24-43:1, Jes 57:16-18,Sag1:2-4, Sag 1:15-16)
-            Verbonds gerig. Sy kwaadheid is ‘n gevolg van sy liefde.
-            Sy woede is oorsaak gerig
-            Sy woede lei na Christus
-            Sy kwaadheid is gerig op verlossing .
-            Sy woede is opofferend (Jes 43:25)
-            Eerlike woede (Deut 13:17)
-            Beheersde woede (Jes 47:6 vs 2 Sam 6:6-8)
-            Sy woede is gereguleer en aktueel (Jer 23:20)
-            Jesus het in sy lewe mense baie kwaad gemaak en ook kwaad geword
-            destruktiewe vs korrektiewe kwaadheid en reaktiewe vs proaktiewe kwaadheid by God

2.      Oordink die kruis:
-            Jesus het vir my gesterf vir sondes waarin ek Hom baie slegter behandel het as wat die ander persoon my behandel
-            Die kruis bied vergifnes: ons moet dit ook vir ander gee (Mat 18:21-35)
-            Ef 4:31-5:2  is ‘n opdrag wat direk in die daarop volgende verse na God verwys wat op sy eie onkoste sy eie toorn (en ons woede) oorwin het deur Christus se dood. Hy het die skuld betaal vir ons skuld.

3.      Prakties:
·           Vra jouself die volgende vrae as jy weer kwaad word:
-            Is die oorsaak van die woede geregtig/bybels gefundeerd?
-            Is die woede opbouend en herstellend?
-            Fokus dit op die behoud van die huwelik/persoon?
-            Is die woede gefokus op my eie behoeftes en interesse? Is ek kwaad omdat my eie-waarde of besittings aangetas word?
-            Is dit die beste tyd en manier om iets te sê?
·           Is ek bereid om te belei dat ek ook gefouteer het? As jy iets belei moet jy altyd ook bereid wees om voor God skuldbelydenis te doen.
·           Ons is almal sondaars (dus hê empatie en geduld)
·           Hou jou oë op die ewigheid
·           Inisieer eerste dat die verhouding herstel moet word
·           Tel tot 10
·           Skenk vergifnes
-            Jy kan jouself die volgende beproewende vrae stel: Is ek trots? Het ek die moed om te konfronteer en skuld te belei? Is ek bereid om die argument te ‘verloor’? Vertrou ek die ‘oordeel’ aan God toe?
-            Weier om die persoon seer te maak of wraak te neem
-            Geen opmerkings wat bedoel is om seer te maak nie, geen vermyding of straf nie
-            Geen skinder of agter-af praatjies nie (of om ander teen hom te waarsku nie)
-            Weier om toe te gee aan kwaadgesindheid, streef daarna om die persoon se fout te vergeet (Jer 31:34, Miga 7:18-19). Dws moenie die fout wat die persoon gemaak het gedurig weer afspeel in jou verbeelding nie. Dit gaan jou net bitter stem.
-            Jy belowe jouself om te stry teen bogenoemde, te bid vir die persoon skuldig teenoor jou en jouself voortdurend te herriner aan God se genade teenoor jou
-            Vergifnes word gegee voor dit gevoel word
-            Vergifnes is lyding op eie onkoste.
·           Fokus op die opbouing van die ander persoon se christelike karakter.
·           Identifiseer afgode
·           Soek kreatiewe en konkrete oplossings vir die probleem van jou woede
·           Ontwikkel ‘n gedissiplineerde benadering tot woede-hantering
Ander:
1.      Vaders moenie julle kinders vertoorn nie (Ef. 6:4)
-            Voor die hand liggende maniere om jou kind tot woede uit te lok: skreeu, onregverdige en oorbodige straf, skynheiligheid en verbale mishandeling.
2.      Kwaadheid is dikwels ‘n versoeking.
3.      Wat is vergifnes? ‘n Ingesteldheid wat mense nie vinnig kwalik neem nie en bitterheid en kwaadwilligheid ontwyk ten alle tye. Dit is ‘n vrygewige gees wat die begeerte om seer te maak of wraak te neem verwerp. Sonde maak altyd skuld, hierdie skuld moet vereffen word. Die skuld moet deur iemand betaal word, en Iemand het reeds betaal.Vergewing beteken:
-            Jy gee jou reg op terugbetaling prys
-            Jy betaal self / ly liewers self
-            Jy neem nie wraak nie, probeer nie die ander seermaak nie
-            Jy gaan nie oor die persoon of saak praatjies maak skinder of laster nie
-            Jy gaan nie haat of onguns koester nie
4.      Wees gou om te vergewe
5.      Om vergifnes te soek en te gee beteken nie dat ons verantwoordelik is vir die herstel van die verhouding nie.
6.      ‘Menslike vergifnes’ beteken nie dat die persoon wat gefouteer het nou nie meer konsekwensies van sy sondes gaan dra nie (bv. Kerklike tug of ‘n hof sitting)
Vrae:
1.     Soms is ons kwaad vir God. Kan dit ooit grondige redes hê?
2.     Wat is eienskappe van ‘n vergewensgesinde houding?
3.     Wat is die verskil tussen vergifnes en versoening?
4.     Stem jy saam met die stelling: ‘n Gebrek aan vergewing is eintlik ‘n gebrek aan bekering tot God (Mat 11:25)?
5.     Om Kwaadheid te verruil vir vergifnes is om God se wil te volg- Hoe doen ons dit (Jak 4:7-10)?
6.     As jy iemand raad vra oor hoe om woede te hanteer en die persoon atwoord dat jy op jou eie gevoelens moet fokus en nie op die ander se gedrag nie, ek- boodskappe moet gee wat jou gevoelens uit druk en seker moet maak dat die ander persoon jou verstaan- sou jy saam stem met die raad?
7.     Spreuke 17:9 – as jy iemand vergifnes skenk dan mag jy nie meer oor die saak by ander praat nie, stem jy saam?
8.     Wanneer skenk ons vergifnes sonder om te konfronteer? En wanneer is konfrontasie van toepassing?
9.     Hoe gaan ons te werk wanneer ons iemand konfronteer?
10.  Wanneer bedek liefde ‘n sonde?
11.  Is vergifnes onvoorwaardelik? Voorwaardelik: Luke 17:1-4; John1: 8-10; Matt.18:15-17; Col 3:12-14; Eph.4:31-32, Onvoorwaardelike vergifnes: Hos 3:1-3; Matt.5:43-45; Matt.6: 12-14; Luke 15:20,21.
12.  Kan ‘n onvergewensgesinde houding ons gebede verhinder of ‘n invloed hê op ons hoe God na ons dienswerk kyk (1 Pet 3:7, Mat 5:23-24)?
13.  Mag een gelowige vergifnes van ‘n ander gelowige afdwing?
14.  Wat as mens probeer om met die ander persoon te versoen, maar hy is onwillig? Wat as die ander persoon ‘n ongelowige is en nie die belanrikheid van ‘n herstelde verhouding na waarde ag nie?
15.  Jou vriendin vertel jou van ‘n sonde wat haar man gedoen het. Jy voel kwaad vir hom en vermy hom as gevolg van wat jy gehoor het. Is dit reg?
16.  Ons moet probeer om ons kinders nie kwaad te maak nie (Ef 6:4). Hoe gaan ons dit doen?
17.    Beteken ‘ek vergewe jou’ automaties ‘ek vertrou jou weer’?



No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.