Friday 24 June 2016

Ware geluk- ‘n byproduk van God vresendheid
As ons alles waaroor die vorige sessies gehandel het in die vrees van die Here doen dan sal die Here ons ware geluk laat smaak. Ps 147:11 “Die HERE het ‘n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op Sy goedertierenheid hoop”.
PSALM 128
      I.        Inleidend:
a)    Die fundamentele verhouding: Die huwelik
b)    Die Herhalende tema: Geseënd is die man wat die Here vrees (v 1,4)

    II.        Gelukkigheid in jou werk (v2):
Jy ervaar God se seën op jou arbeid.
Die perspektief wat ‘n Godvresende man op sy werk het: Geskenk van God waardeur Hy geëer mag word, dit is kosbaar en moet geniet word.

   III.        Vreugde in jou huis (v3):
a)    Die seën van ‘n vrugbare Godvresende vrou
Die Wingerdstok is ‘n simbool van vrugbaarheid. Nie alleen bring dit vrug voort nie, maar ook verfrissing en blydskap. “ a Fruitfull wife manifests many graces from Christ in her life”. Sy voorsien haar man van wysheid, rus, kameraadskap, intimiteit, vreugde en betroubaarheid.

b)    Die seën van ‘n vrugbare Godvresende huis.
‘n Huis waar man en vrou met mekaar omgaan soos Christus en Sy bruid.
Noem ‘n paar woorde wat die atmosfeer in so huis beskryf: __________________________________________________

c)    Die seën van vrugbare Godvresende kinders
Die kinders word rondom die etenstafel onderrig. Die jong olyfboompies sal groot word en deur God se genade die ouers naboots.

  IV.        Vreugde in jou aanbidding (v5)
Sion/Jerusalem is die simbool vir aanbidding. Die hoogtepunt van ons vreugde is as ons een keer in 7 dae opgaan om God saam te aanbid en om onsself te verbly in diens aan die lewende God. Dit is die markdag van ons siele: die dag wat ons goedere en voorrade inlaai sodat ons die res van die week daarvan kan leef.

   V.        Vreugde in jou toekoms
a)    Die seën van ‘n Godvresende nageslag
Spreuke 10:27 Die mens wat die Here vrees lewe normaalweg langer.

b)    Die seën van blywende vrede
‘n Fisiese en geestelike vrede. Ons sien dit in die vrede wat God aan Israel beloof as hulle Hom dien, daar sal geen oorloë wees nie. Jy sal geestelike vrede ervaar as jy sien dat jou kinders en kleinkinders die Here dien. In Christus sal daar vrede tussen jou en God wees


WAT BETEKEN DIT OM DIE HERE TE VREES?
Om meer waarde en gewig  te heg aan die glimlagte en fronse van God as aan die glimlagte en fronse van mense.

 
 







Psalm 86:11 “Leer my, HERE, U weg: ek sal in U waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van U Naam”

Wat het ek nodig om die Here te vrees?
1.    Korrekte siening van Sy karakter (HEILIGHEID)

  
   We live in terrordreadtremblingastonishmentawereverencedevotiontrust  worship
   We hide from God…...…………................................................................................ We seek, draw     near, submit to God
   We know of God’s holy justice................................................................................We know of God’s holy justice and holy love
 
The fear of the Lord: A continuum (When People are big and God is small, Edward T welch)

2.    Deurdringende gevoel van Sy heilige teenwoordigheid
3.    Konstante bewustheid van ons verpligting teenoor Hom (Word gemotiveer deur liefde en die eer wat Hom toe kom)

Om God te vrees is ‘n groot skat (Jes 33:6) wat niemand van jou kan wegneem nie!

BESPREKING:
A.   Die vrees van die Here moet aangeleer word. Deutr 31:12; Ps 34:9, 11
B.   Hoe word die vrees van die Here aangeleer? Deutr 17:18-19; Deutr 31:13
C.   Hoe moes die Israeliete die vrees van die Here by hulle kinders inskerp? Jos 4:1-24; Spr 14:26
Hoe kan ek dit vir my kinders inskerp?
D.   Watter bybel gedeeltes is deurslaggewend in die onderrig oor die vrees van die Here? Let veral op die magtige dade van God wat beide Sy liefde en geregtigheid, vriendelikheid en strengheid wys.
E.   Wat het die vrees van die Here tot gevolg in my lewe? Wat is die konkrete uitdrukking van die vrees van die Here in my lewe? Ps 111:10; Spr 1:7; Spr 10:27; Spr 16:6. Sien die skoonheid daarvan raak!
F.    Waarmee gaan die vrees van die Here gepaard? Jos 24:1; Spr 8:13; Spr 22:4; Job 1:8
G.   Wat staan die vrees van die Here teen? Noem drie dinge en hoe jy dit in jou lewe ervaar.
H.   Van wie kan ons die beste leer wat dit beteken om die Here te vrees? Jes 11:1-5
I.      Die vrees van die Here kan op die ou end ‘n aangeleerde mensegebod word, aJes 29:13,14. Wat is tekens in my lewe dat die vrees van die Here ‘n aangeleerde mensegebod is? Hoe waak ek daarteen?
J.    Wat kan ons doen as ons iemand sien wat die Here vrees? Spr 31:30
K.   Wat is die ewige evangelie wat verkondig moet word aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke? Open 14:6-7


GROEI IN DIE VREES VAN DIE HERE:
Om in die vrees van die Here te groei is dit noodsaaklik om in Sy Woord te bly. Lees en oordink dit en bid dat die Here jou sal leer dat Hy die Heilige Een is.
Bestudeer die volgende:
·         Die Here as Skepper en Onderhouer.
Psalm 8; 19; 29; 65; 104
·         Die Here op Sy troon.
Psalm 95-97; 99; Jes 6:1-13
·         Die Here se voorsienigheid is so wyd dat dit self sorg vir elke klein gedeelte van ons lewens.
Psalm 139
·         Die Here se antwoord op Job en Habakuk se vrae.
Habakuk 1-3 ; Job 38-42
·         Die Here se oordeel oor die sonde, die hel.
2 Thes 1:5-10; 2 Petr 2:6; Openb 14:9-11
·         Die Here se geregtigheid en groot deernis vir Sy volk. Die uiteindelike Verlosser wat Hy vir die hele wêreld stuur.
Jesaja
·         Die verwondering van die mense oor Jesus se woord en dade.
Markus
·         Die evangelie van die Here Jesus Christus. Hierin sien ons duidelik God se oordeel oor ons sondes en Sy ondeurgrondelike liefde vir ons.
·         Nog voorbeelde:



Praktiese voorstelle:
Ø  Gaan deur die psalm boek en merk die psalms wat God se majesteit en heiligheid vermeld. Sing dit met volle oortuiging!
Ø  Lees The Holiness of God, deur R.C Sproul.
Ø  Praat met ander mense in jou kerk oor dit wat die Here jou van Homself leer en luister ook na dit wat die Here vir hulle leer.
Ø  Neem tyd om jou vrees vir mense voor God te erken en vergifnis daarvoor te vra.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.