Monday 17 April 2017

Gospel powered Parenting (session 4)

http://summit-christian.org/resources/gospel-powered-parenting.html

Voed kinders op met Dissipline en Liefde
                                                          Bill Farley – Sessie 4         
Hoe oefen en vorm mens jou kinders met die Evangelie?
Ef 6:4
“Vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.” (Hoofsaaklik gebaseer op kinders onder 12 jaar)

Effektief met (A) Dissipline en (B) Omgewing met baie liefde.
Sosiologiese Studies oor Opvoedingstyle het gevind dat die effektiefste opvoedkundige styl dissipline en liefde insluit. Dit ondersteun die Bybel.

A.     Dissipline
1.      Erfsonde
Wêreld (veral na 1960) soek oorsprong op ander plekke bv ODD
“Even the best-behaved children can be difficult and challenging at times. But if your child or teen has a frequent and persistent pattern of anger, irritability, arguing, defiance or vindictiveness toward you and other authority figures, he or she may have oppositional defiant disorder (ODD).
As a parent, you don't have to go it alone in trying to manage a child with ODD. Doctors, counselors and child development experts can help.
Treatment of ODD involves therapy, training to help build positive family interactions and skills to manage behaviors, and possibly medications to treat related mental health conditions.”
(http://www.mayoclinic.org/diseases-conditions/oppositional-defiant-disorder/basics/definition/con-20024559)

Erfsonde is die oorsprong/probleem alhoewel geaardheid ook ‘n invloed het in hoe ‘n mate dissipline toegepas word. Gaan terug na die Bybel =  sondebesef. Dissipline en liefde is oplossing.

Spreuke 17:20, 20:9; Romeine 3:9-10; Efesiërs 2:3

o   Ongehoorsaamheid is die werk van die vlees (Gal 5:19-20)
·         Korttermynoplossing: (Gal 6:4; Spr 23:13)
·         Langtermynoplossing: Joh 4 (hartoorplanting/wedergeboorte)
o   Wêreld glo ‘n baba is onskuldig gebore en die omgewing besoedel die kind (Pelagius)
Logiesestelling: Niemand leer ‘n kind om sleg te wees nie, dit gebeur vanself…)
o   Die probleem  is  die hart (Shepherding a Childs Heart, Tedd Tripp)
o   God haat enige ongehoorsaamheid, ons moet dankbaar wees en die Kruis van Christus verkondig deur kinders te dissiplineer. Wanneer ‘n ouer te buigsaam is, word die Evangelie nie in diepte verstaan nie. (Spr 23:14)

GOD GEE LIEFDE VIR JOU KIND ONGEAG SONDE = GESKENK/GAWE

2.      Gesagsfigure

Ouer = Gesagsfiguur, NB: nie ‘n gewildheidskompetisie.
‘n Ouer wat dissipline toepas, word nie gemanipuleer nie en jou kind sal jou liefhê. Respek is die basis vir liefde.

Dis noodsaaklik om op God en Christus te fokus. “Servant Authority” = “serving Authority for the good of the child”
Ouers is die herders van die kleinste groep skape = familie (2 Tim 4:1-2)-verantwoording doen voor God.

God het hiërargie geskep. Daar is ook binne die Drie-eenheid hierargie alhoewel hulle gelyk is. Die Seun doen wat die Vader van Hom vra. (Troos vir vrouens = gelykheid en onderdanigheid) Die drie-eenheid is georganiseerd.

God gebruik hierargie om op te bou – nie af te breek soos die wêreld nie. Die wêreld haat gesag. Tekste oor outoriteit/gesag:
Ef 5:22-6:10 (Verhouding tussen Man en Vrou = Verhouding Christus en kerk)
1 Pet 2,3 (Mans, vrouens, diensknegte = werksverhouding)
Rom 13 (Verhouding teenoor regering)
1 Kor 11 (Verhouding/rolle van kerk)

NB!! Ouers moet gemaklik wees met outoriteit en dit eervol gebruik.

3.      Toepaslike lyfstraf om Evangelie te kommunikeer (klein kindertjies)

Gebruik elke geleentheid om die Evangelie te versterk – kommunikeer en reageer. Die drie dele van die HK – preek die wet, vertel van verlossing en bid.
‘n Kind moet rebelsheid koppel aan pyn.
Vergelyking: Moenie vergelyk met medemens, maar vergelyk met God
Belangrik: moet nooit in onbeheerste woede dissiplineer nie (oorsaak van die wêreld se reaksie teen lyfstraf)

Ouers verteenwoordig God en moet kwaad wees oor die sonde (al moet mens soms voorgee om kwaad te wees).

B.      Liefde en liefdevolle omgewing


Dissipline word geïnternaliseer deur liefdevolle ouers.
1.      Meer liefde vir God as vir kinders

Voorbeeld: Sjinese vrou wat haar kind moes opgee omdat sy haar Christenskap behou.
Bybelse voorbeeld: Abraham se beplande offer van Isak. Gen 22:12: “ En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste van My nie teruggehou het nie.”

2.      Opoffering vir ons kinders
1 Joh 3:16
“Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê”
Gebaseerde aksie – God doen iets – Hy stuur sy Seun Jesus Christus.
Liefde maak dikwels seer en is ongemaklik, maar affekteer ‘n mens se lewe op verskeie maniere. In vandag se tye is beroepe ‘n goeie voorbeeld. Moeders wat werk/nie. Liefde word aktief bewys.
3.      Oorvloed van liefde aan kinders
Ervaar liefde deur teerheid. Jesus Christus het gesterf aan die kruis sodat God teerheid en liefde aan ons kan bewys.


Dissipline is die manier waardeur waardes van die lewe in kinders se harte gedryf word.
Met liefde word discipline van Verstand in Hart geplant.
James Robinsin in “In search of a father” stel dat die versorging en liefde van ‘n pa ‘n belangrike rol speel: hoe meer ‘n pa in liefde dissiplineer en versorg, hoe meer sal die kinders hul pa se waardes internaliseer.

!! Belangrike rol van Vaders !! (David Popenoe)
*      Versorging = liefde, teerheid
*      Betrokkenheid en empatie
*      Invloed op langtermyn geluk
*      Geslagsidentiteit by seuns asook dogters
*      Pratiese Wenke aan Pa’s”
·         Gefokusde aandag
Kies spesiale tyd en plek en laat hul praat
Vat een van kind saam om bv inkopies te doen
Sommige kinders benodig meer aandag 
·         Oogkontak
Kyk na hulle – veral kinders tussen 12-15 jaar
·         Gesonde Fisieke aanraking
Kyk vir geleentheid tussen Pa en kinders – seuns en dogters
(Gevaar in vandag se samelewing)
·         Identifiseer bewyse van genade
Kyk na iets wat jou kinders reg doen en noem dit aan jou kind. “Halfvol glas” – houding. (Nie slegs tydens gebruik van die “Sandwich”-metode om kritiek te lewer nie)

Bybelse Voorbeeld: Korithiers gemeente: 1 Kor 1:4
Paulus skryf eintlik ‘n brief om gemeente te bring tot bekering, maar hy begin met die positiewe: Ryk n goeie woord en kennis.

20 Jaarlange Marraton:
Dissiplineer deur die duidelike sondebesef in kind; gebruik gesag en oefen doeltreffende teerheid in ‘n liefdevolle omgewing uit, waar jy as ouer God meer lief het as jou kind om hulle te lei tot God.



No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.