Thursday 23 February 2017

Gospel powered Parenting (session 3)


Vorige besprekings:          1. Die uiteindelike doel van ouerskap: God-gesentreerd
2. Die eerste beginsel van ouerskap: Vrees van die Here

3. Die eerste deug van ouerskap: Jou voorbeeld
·         Wat verseker die sukses van jou ouerskap? (Sukses = jou kinders volg Christus heelhartig)

Moontlike antwoorde: gereformeerde skool, dissipline, katkisasie, huisgodsdiens ens...

Dit is genade van God as jou kinders Christus heelhartig volg, maar God gebruik jou voorbeeld as gelowige ouer om geloof in jou kinders se harte te werk. (Joel Beeke: God’s way of doing)

Bekende spreekwoord: Kinders leer meer deur die oog as deur die oor.

Ouers wat in alles wat hulle doen God met blydskap soek is aansteeklik. As jou verhouding met God die grootste bron van blydskap is, sal dit in jou huwelik en ouerskap wys. As geloof slegs ‘n klomp reëls en regulasies is, sal jou kinders nie die verhouding wat jy met God het verbind met die lewe wat hulle wil hê nie. Kinders maak hulle ouers se passies hul eie.

Dus: “CULTIVATE your relationship with God!”

A. Jou Voorbeeld
Jesus het ander geleer deur self ‘n voorbeeld te wees. “Die eerste verhaal Theofilus het ek opgestel oor alles wat Jesus begin doen en leer het” - Hand 1:1.

2 Kor 4:6 “Want God wat gesê het dat daar lig moet skyn - dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus”

God spreek (Sy Woord) en ons sien die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus. Ons word daardeur tot God aangetrek, ons sien die skoonheid van God in Christus. Daarom wil ek Hom leer ken en ‘n verhouding met Hom opbou.

My kinders sien hierdie verhouding wat ek met God het. Beide die geloof wat publiek en formeel is, sowel as intiem en privaat. Niks kan die plek inneem van die uitlewing van opregte geloof voor die oë van my kinders. (Veral as die pa hom in die Here verheug)

B. Die huwelik is die belangrikste voorbeeld
NT Bybelgedeeltes oor hoe dit in die huwelik behoort te wees: 1 Korinthiërs 11, Kollosense 3, 1 Petrus 3, Efesiërs 5.
Wat benadruk word in die verhouding tussen man en vrou is die orde.

Ef 5:22-33
Vrouens - Onderdanig wees en hom respekteer soos die kerk vir Christus.
Mans - Haar opofferend lief hê soos Christus vir die kerk.
Die huwelik preek die vrug van die evangelie (vers 32). Dit reflekteer die pragtige huwelik wat gaan kom, wat die evangelie skep of moontlik maak. “Your marriage is constantly preaching what the gospel creates!”

As die man sy vrou lief het ten spyte van haar sonde, vertel dit vir die kinders dat Christus Sy kerk lief het ten spyte van haar sonde en tekortkominge, ookal is sy onaantreklik. Dit staan teenoor liefde gebasseer op dade.

As die vrou haarself blymoedig onderwerp aan haar man soos aan die Here, en erken dat hy die hoof is en dat sy sy liggaam is (soos Christus die hoof en die gemeente Sy liggaam), vertoon dit ‘n pragtige prentjie vir die kinders. Veral as sy dit vir haar onwaardige man is, omdat dit vir die kinders vertel dat sy op die Here vertrou om vir haar te sorg. 1 Petr 3:5-6
Jou huwelik is dus baie belangrik. Bou jou lewe rondom jou huwelik en nie jou kinders.

C. Wat skade doen aan ons voorbeeld = skynheiligheid
“En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie” -  Ef 6:4A
Waardeur kan kinders vertoorn word? Skynheiligheid wat veroorsaak word deur trots. Trots is om blind te wees vir mens se eie foute, tekortkominge en mislukkings.

Die sonde maak jou blind vir jou eie sondes en vir die feit dat jy blind is. Jou kinders sal jou sonde waarvoor jy blind is raaksien net soos wat jy hulle sonde waarvoor hulle blind is sal raaksien.
Bekeer jou daagliks van jou trotsheid deur vir God te vra om jou blinde oë te open!

Trotsheid kom op die volgende maniere tot uiting in jou lewe:
·       -  Jy sien ander se sondes beter raak as jou eie
Jy probeer om die splinter uit jou kinders se oë te haal in plaas van om die balk eers uit jou eie oog te haal.
Ons trotsheid sal weg wees die dag as ons God sien, tot dan sal dit vir ons almal ‘n probleem bly. Erken dit in jou lewe en veg daarteen met alles wat jy het!
In plaas van om jou kinders in self regverdige woede te benader, gaan na hulle toe as ‘n sondaar wat genade benodig, om sondaars wat ook genade benodig te konfronteer. Laat jou nederigheid hulle aantrek tot die evangelie.
Voorbeeld: “Ek konfronteer (dissiplineer)  jou oor hierdie sonde, nie omdat ek dit altyd reg doen nie, maar omdat die Here my beveel om dit te doen. Ek wil hê dat jy moet weet dat ek ook ‘n sonddaar is en dat ek ook probeer om hierdie selfde sonde waarmee jy sukkel te oorwin, maar ek gaan jou oor hierdie sonde straf omdat ek jou liefhet en wil hê dat jy in ‘n beter plek as ek is as jy ‘n volwassene is”

·        -  Dit maak jou onkorrigeerbaar.
Hoe groter ons trots is hoe meer is ons geneig om een ding te leer, maar die teenoorgestelde te doen. As ons tereg gewys word, probeer ons onsself direk verdedig. Sê eerder vir jouself: “ Ek gaan luister na die kritiek. Ek is ‘n sonddaar en ek weet dat die sonde my blind en trots maak en daarom is daar‘n groot kans dat hy vir my iets vertel wat ek nodig het om raak te sien. Ek sal daaroor nadink en bid.”

Die evangelie maak ons nederig en daardie nederigheid trek ons kinders na die Here toe. Dis die evangelie wat ons voorbeeld bemagtig.
Alleen by die voet van die kruis leer ons die vrees van die Here en dit maak ons nederig. Dit maak ons oë oop om te sien hoe geliefd ons is, maar ook hoe ongelooflik ellendig ons is. “We are much more deeply flawed than we ever know and we are much more loved than we ever had an idea of” Tim Keller.

Gaan na die kruis om na te dink oor God se groot liefde en jou ellende en probeer dan om Ef 5 te gehoorsaam.
Christus het Sy vyande lief gehad. Hy het vyande lief gehad wat liefde aan Hom terug gee wat niks aan Sy geluk kan doen nie. (God het geen behoeftes nie.) Hierdie liefde gaan alle verstand te bowe!
Jy is die meeste soos Christus as jy jou man lief het, aan hom onderdanig is en respek bewys ookal verdien hy dit nie.

Geen een van ons se huwelike voldoen aan God se hoë standaard nie. Nie een van ons is nederig genoeg nie, ons is almal by tye trots.
Die kruis, die evangelie is die plek waar behoeftige mense na toe gaan vir reiniging en vergifnis. Daar vind jy die perfekte model van hoe jy moet leef, maar daar vind jy ook genade. Dis die plek om te na toe te gaan vir hulp!

Kruis gesentreerde ouers is onperfek, maar deur hulle voorbeeld van ‘n nederige geloof trek hulle hulle kinders aan tot die evangelie en die God van die kruis.

Besprekingspunte:

Bybelse beginsels oor nederigheid:
1. Ons moenie van onsself meer dink as wat ons behoort te dink nie. (Rom 12:3)
2. Die Here is die gewer van al ons talente (1 kor 15:10)
3. Gaan mekaar voor in eerbetoning (Rom 12:10) (Fil 2:3)
4. Die Here sal die nederiges lei en vir hulle Sy weg leer (Psalm 25:9)
5. Ons moet onsself beklee met nederigheid (Kol 3:12)
6. As ons onsself voor God verneder sal Hy ns op die regte tyd verhoog (1Petr 5:5-6)
7. Die Here woon (dwells) by die verbryselde en nederige van gees (Jes 57:15)
8. God gee genade aan die nederiges (Jak 4:6)

Enkele bybelse voorbeelde van God se optrede teenoor hoogmoediges:
- Nebukadnesar (Daniël 4) en Manasse (2 Kron 33) Sien ook God se genade raak as hulle bekeer!

- Fariseërs (Mat 23)

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.