Monday 14 November 2016

Doel van die huwelik: om jou al meer gelykvormig aan die beeld van Christus te maak

Sermon audio link: Paul Washer

Opsomming notas:

Two great purposes of Marriage (2)
Paul Washer Lees Rom 8:28-30

v  Miljoene self-help boeke oor die huwelik wat niks beteken as die fondasie nie reg is nie.
v  Hoe sterk my huwelik is hang af van hoe goed ek God en sy eienskappe ken, soos, sy soewereiniteit, genade, verlossende werk in Christus en sy voorsienigheid.
v  ‘n Mens se gesin word by mekaar gehou deur dit wat jy glo oor Christus.
v  Wanneer mense kom vir huweliksberading: Praat nie eerstens oor die huweliksprobleme nie, maar oor God. Dan kom ‘n mens agter dit is waar die fout lê.
v  Baie keer wil mense trou om hulle eie selfsugtige en afvallige (adulterous) behoeftes te bevredig. Bv. Sy is mooi, ons gesels lekker, ek is lief vir haar, dit voel reg, ons verstaan mekaar. Maar wat as daar iemand verby kom wat nog mooier is, of nog lekkerder gesels? Is dit waaroor die huwelik gaan? Iemand wat my gelukkig maak?
v  Die huwelik is wonderlik, maar God skep dit nie net sodat ons goed kan voel nie, daar is ‘n groter doel – Ons word gelykvormig aan die beeld van Christus. (Heiligmaking).
v  Soms is ‘n huwelik goed, en alles gaan goed, maar soms nie. En in sulke tye mag ‘n mens nooit dink dat jy met die verkeerde persoon getrou het nie. Jy het nie! God weet PRESIES wat ons elkeen nodig het! Hy weet waar deur ons moet gaan, daar is altyd ‘n doel en ‘n plan.
v  God kan selfs ‘n huwelik wat verkeerd/sondig begin het, gebruik om sy doel met jou te bereik.
v  As ‘n mens die sekulêre wereld se maatstawwe gebruik sal daar dalk vir elkeen van ons iemand in die wêreld wees wat meer “compatible” is vir my as my man. Maar dit pas nie in by God se plan nie.
       Beteken nie: Daar moet altyd konflik wees, en hoe meer konflik hoe beter nie! Maar God het elke huwelik perfek ontwerp, ook met die botsings in ons persoonlikhede, verskillende agtergronde ens. Daar is konflik omdat altwee sondaars is. Jou man kan jou help om jou sonde raak te sien en te groei in heiligmaking.
v  Voorbeeld van die predikante wat noem hoekom hulle dankbaar is vir hul vrouens. Pastoor met die slegte vrou: “I have even more cause to thank God for my wife. God used all this hardship to make my heart something it could never be”.
v  God se ontwerp is perfek. Hy gee vir jou iemand met genoeg van die “regte” eienskappe om jou op die regte pad te hou en jou huwelik moontlik te maak. Maar daar is ook sekere goed wat jy altyd gedink het jy in jou man wil hê wat jou man nie het nie. Of plekke waarin hy tekort skiet. Ook dit gee God! Dit is net so deel van die plan om ons te help om gelykvormig te word aan die beeld van Christus.

Hoe lyk ons huwelik wanneer ons gelykvormig word aan die beeld van Christus?
v  Christus toon: Genade (grace), barmhartigheid (mercy) en onvoorwaardelike liefde (unconditional love). Ander?
v  Hoe kan ek hierdie eienskappe ook aanleer as ek getroud is met ‘n man wat al hierdie goed altyd verdien? As hy nooit iets verkeerd doen nie is dit mos onmoontlik vir my om hom bv. onvoorwaardelik lief te hê (hy voldoen dan aan al die voorwaardes). Te midde van swaarkry en konflik moet onvoorwaardelike liefde ons huwelik en gesinslewe definieer.
v  Bv. Die man wat ver gaan preek, by die huis kom, en nie ontvang word soos hy wil nie. Hy het “unmet expectations”. Die Here kan vir die vrou genade gee om vir hom die perfekte ontvangs te reël, maar Hy doen dit nie. Dit is ‘n geleentheid vir die man om vir sy vrou te wys hoe Christus sou optree: met genade, barmhartigheid en onvoorwaardelike liefde.
v  Voorbeeld van iemand wat vas. ‘n Mens se ware self kom uit wanneer dinge fout gaan en jy uit jou gemak-zone is. Dis maklik om te dink jou huwelik is perfek wanneer als goed gaan. Of as jou man net als doen wat jy van hom verwag.
v  My doel moenie wees om ‘n goeie vrou/ma te wees nie, maar om gelykvormig te word aan die beeld van Christus. Dan vloei dit natuurlik daaruit voort.
v  Om gelykvormig te word aan die beeld van Christus is nie om jou man te verander soos wat jy dink hy moet wees, of soos jy wil hê hy moet wees nie. Bv. Geestelik, mense dien die Here verskillend.


Moet net so lank vir jou man bid as wat jy probeer om hom te verander!

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.