Thursday 24 November 2016

Christen vervolging regoor die wereld

Christen vervolging

            Perspektief uit openbaring:

Die vrou, die kind en die draak (Openbaring12:1-6)
Die draak (duiwel) wil die Kind (JC) by die vrou (God se volk, Sy kerk) vat. Die Kind word egter weggevoer na die hemel en op die troon geplaas, buite die bereik van satan. Dit maak die draak woedend, hy wend hom tot die vrou en probeer om haar te verslind. Sy vlug na die woestyn waar sy deur God bewaar en onderhou word.
Satan se doelwit is om die gemeente van die Here Jesus Christus uit te roei. Hy sal dit nooit reg kry nie. Net soos wat hy nooit die volk Israel kon uitroei nie. Die Here bewaar Sy volk in hierdie wêreld. Vir hulle is dit wel dikwels soos ‘n lewe in die woestyn, vol swaarkry en bekommernis.

Die draak verslaan (Openbaring 12:7-12)
Die oorwinning is in die hemel behaal, Christus het die draak (satan) oorwin, maar die stryd is nie verby nie. Die duiwel word uit die hemel gewerp en gaan met sy leër nog probeer om alles op die aarde te vernietig. Die vreeslike sryd gaan op aarde voortgesit word. Die duiwel is rasend oor sy nederlaag. Nog maar ‘n kort rukkie, dan sal sy mag tot niet wees, dan sal hy vir ewig gebonde wees. Daarom sal hy hierdie kort tydjie nog gebruik om soveel skade aan te rig as wat hy kan. Geen wonder dat die engele in vers 12 kla: ”Wee die bewoners van die aarde en die see.”

Die dier uit die see (Openbaring 13:1-10)
Die dier ontvang mag van satan, hy is ‘n voorbeeld van alle mense wat Christus en Sy gemeente haat (die antichris). Die mensdier ontvang mag om die gelowiges te vervolg en dood te maak. Hy is satan se dienskneg. Die antichris bring haat, oorlog en ellende. Die laaste dae sal vir die gemeente baie moeilik wees. Christus roep op om in die geloof te volhard: “Wie tot die einde toe volhard, sal gered word.”

Bybeltekste:

    Bewerk lydsaamheid:
Jak 1:2-4

 
   Ons kan dit verwag:
2 Tim 3:12
Joh 15:18-20

 
    Deel in unieke 
    verhouding met JC:
Fil 3:8-10

 


3    Christen vervolging regoor die wêreld (Volgens World watch list 2016):

Sudan (8) Land wat geteister is deur burgeroorloë. Noorde is hoofsaaklik Islam, Suide meer Christelik (Rooms). Groot armoede in Suide. Baie slegte leier (president). Islam wil land oorneem.
Waarvoor om te bid: Die 4 sendelinge wat in die tronk is.

Noord Korea (1) Mees dodelike vervolging. 1.2% van bevolking is Christene. Al 75 jaar lank Christen vervolging. Kommunistiese regering. Rede vir vervolging: diktoriale paranoia. Christened eel met niemand hul geloof, ook nie kinders. Indien bymekaar kom, is dit in groot geheimhouding. Konsentrasie kampe word almal wat teen regering is, ingegooi. 30% in kampe is Christen. Haglike omstandighede. Kom nooit daaruit nie.
Waarvoor om te bid: Gevangenes in konsentrasie kampe. Bewaring van Christene in Noord-Korea.
Yemen (11) Slegs 3000 Christene in land. Land bestaan hoofsaaklik uit die twee Islam groepe. Christendom word nie toegelaat deur die Islam nie.
Waarvoor om te bid: Vir die sendelinge wat ondergronds werk in Yemen.

Indonesia (43) 86% Islam. Christene word gehaat . Grootskaalse plundering en afbreking van kerke.
Waarvoor om te bid: Dat die Christene nogsteeds bymekaar kan kom al het hulle geen kerkgeboue of vryheid nie.

China (33) Kommunistiese regering. Kerke in Suide (Hong Kong), maar slegs kommunistiese kerke word toegelaat in Noorde. Mense durf nie erken dat hulle Christen is nie. Vergader in die geheim.
Waarvoor om te bid: Vir die sendelinge in China.

Nigeria (12) Helfte Islam (Noord), ander helfte Christen (Suid). Boko Haran (dodelikste terroriste groep) aktief in Nigeria. Hulle stry vir Islamietiese staat. Teiken skole (westerse onderwys). Ontvoering van 276 meisies in Chibok.  Baie selfmoord bomaanvalle. Regering probeer terroriste stop.
Waarvoor om te bid: Wysheid vir Nigeriese regering om terroriste vas te vat. Ontvoerde meisies.

Eritrea (3) Islam druk vanuit die Noorde. Slegs derde van bevolking is Christene. Mag glad nie Christenskap erken nie, sal daarvoor in tronk gegooi word. Baie vlug uit die land, hoofsaaklik ou mense oor in die land.
Waarvoor om te bid: Of pastoor Naigzi vrygelaat kan word. Vir die Christene in die tronk en die Christen vlugtelinge. Vir die president.

Saudi Arabia (14) Geen Christelike kerke. Slegs Islam  toelaatbaar. Godsdiensvryheid volgens wet, maar in praktyk is dit glad nie so nie. Lees van Christelike invloede/evangelisasie in Arabie in Hand 2:11 en Gal 1:17. Groei in Christendom afgelope jare al is daar geen vryheid.
Waarvoor om te bid: Bewaring en versterking vir Christene.

Uit bogenoemde opsomming kan ons sien dat die grootste oorsake van gewelddadige Christen vervolging, kommunisme of Islam is.

4. Word ons hier in Suid-Afrika vir ons geloof vervolg?
Die staat wil al hoe meer beheer hê oor al die vlakke van die samelewing (sien inmenging in onderwys). Ons sien dat anti-christelike idiologieë hieragter is. Die media word deur satan gebruik om ons daardeur te beïnvloed. Ons word dus vervolg, nie geweldadig nie, maar op ‘n geestelike vlak.

Goeie films oor Christen vervolging: The dropbox. Behind the sun.


Webtuiste vir meer inligting oor Christen vervolging regoor die wêreld: www.opendoors.org.za

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.