http://www.sermonaudio.com/sermoninfo.asp?SID=121706201623
Word toornig – En moenie sondig nie!
15
September 2016
·
Lees
Efesiërs 4:25-32
·
Vers
25 begin met die woord “Daarom”. Op grond waarvan is dit vir ons
moontlik/noodsaaklik om die verkeerde goed wat hier genoem word af te lê (sien
verse voor dit, ook Efes 2:1,4,5).
·
Hoe
weet ons dat alle toorn nie verkeerd is nie? Joh 3:36, en dink aan die Psalms.
Paulus sê nie dat ons nie moet kwaad word nie,
dit is deel van die menslike natuur.
·
Wat
sê God se toorn vir ons oor wie Hy is (sy wese)?
·
Op
watter manier kan ‘n mens vir die duiwel plek gee wanneer jy kwaad word (vers
27, sien ook Jak 3:14-16))?
Voorbeelde van mense wat kwaad/toornig
geword het in die Bybel:
1 Samuel 25
Dawid stuur 10 manne om vir Nabal (ryk man) te sê dat hulle sy
wagters goed behandel het, en te vra kos. Nabal sê hy weet nie wie Dawid is
nie, en gaan niks vir hulle gee nie.
·
Wat
was Dawid se reaksie? (1 Sam 25:13). Watter emosies/gevoelens sou dit
veroorsaak het?
·
Was
sy toorn geregverdig? Lees wat sê hy vir Abigail nadat sy met hom gepraat het
(Vers 32-34).
Genesis 4
Die Here sien Abel se offer genadig aan, maar Kain s’n nie.
·
Wat
was Kain se reaksie? (Gen 4:5-7). Watter gevoelens het Kain se toorn
veroorsaak?
·
Was
Kain se toorn geregverdig? (1 Joh 3:11-12)
1 Samuel 18
Dawid kom terug nadat hy Goliat verslaan het, dan sing die vroue
“Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende”.
·
Wat
was Saul se reaksie? (Vers 8). Watter gevoelens het hom so kwaad laat word?
·
Was
Saul se toorn geregverdig? (vers 11).
Exodus 32
Moses kom van die berg af en sien die goue kalf wat die volk
gemaak het.
·
Wat
was Moses se reaksie(vers 19) Hoekom het Moses so gevoel/reageer? (vers 7-8)
·
Was
Moses se toorn geregverdig?
Mattheus
21:12-17
Christus jaag die geldwisselaars en duiweverkopers uit die tempel.
·
Wat
was Christus se reaksie? (vers 12). Hoekom het Christus so reageer? (vers 13)
·
Was
Christus te toorn geregverdig?
Dis duidelik dat daar regte en verkeerde redes is om kwaad te
word.
Gewone woordeboeke gee die volgende definisies van “anger”.
·
Anger
is a powerful emotion that people feel from time to time when someone or
something frustrates or annoys them.
One of the roots of anger is the Greek word ankhone for
"a strangling”.
·
A
strong emotion you experience when you think someone has done you wrong.
Wat sal die verskil wees tussen hierdie definisies en die van ‘n
geregverdige en heilige toorn?
Mees algemene redes hoekom ons kwaad word: Trots word gekrenk,
iemand sê vir jou iets lelik (harsh words), leuens, onrealistiese eise word
gestel, ongehoorsaamheid, leed gedoen aan ‘n geliefde, onreg.
Ons moet dadelik wanneer ons toornig word ons toorn ondersoek, om
te bepaal of dit goeie of slegte toorn is. Hoe kan ons bepaal of ons ‘n sondige
of regverdige toorn het (sinful/righteous anger)?
Goeie riglyn: Ons moet kwaad word oor dit waaroor God kwaad
word. Dit waaroor ons toornig word, wys wie ons heer is. Gaan alles oor myself
of oor die eer van God? Ons toorn mag nooit gegrond wees op ons eie selfsug
nie.
Is dit reg om kwaad te word oor die onreg wat teenoor ‘n ander
gedoen word?
Goeie toorn is om op ‘n emosionele wyse op te staan vir dit waarin
jy glo. Ons is geskape om ‘n afkeur te hê in sekere dinge. Jy moet teen dit
wees wat jy glo verkeerd is. Ook in jou huwelik.
‘n Mens kry verskillende vlakke van kwaad wees. Dit duur ook nie
altyd ewe lank nie. Kry mense wat ontplof, dan is dit oor en verby, of ander
wat stilbly, terug trek en vir maande kwaad bly. Nie een van die twee is ideaal
nie.
Hoekom toorn soms vir ons so
aantreklik (verleidelik) lyk (5 P’s):
Power
(Mag)
Wanneer iets wat belangrik is vir jou bedreig
word. Deur kwaad te word voel jy of jy in beheer is. Die probleem is dat dit
voel of jy mag kry, maar eintlik is jy swak. (Soos die man wie se toespraak weg
was).
Physical
element (Fisiese element)
Kry fisies ‘n “rush”. Jou adrenalien pomp,
hart klop, en jy’s reg vir aksie.
Pragmatic
(Pragmaties)
Dink jy gaan ‘n probleem oplos as jy kwaad is.
Bv. in die kar.
Pride
(Trots)
Verweef met afgodery, jy is jou eie “god”.
Mens staan sentraal.
Pain
(Pyn)
Wil die persoon wat jou skade aangedoen het
terugkry.
Prakties in die huwelik
Is dit altyd sonde wanneer jy oor allerdaagse dinge vir jou man
kwaad word?
As ons wel kwaad word vir ons huweliksmaat (dit gaan gebeur!), wat
is ‘n baie belangrike beginsel om te volg? Efes 4:26 en Deut 24:13 ,15.
Ons moet ons toorn dadelik stop as dit nie goeie toorn is nie. Wanneer
ons nie ons toorn beheer/hanteer nie, loop dit maklik uit op:
Bitterheid: ‘n
Gees wat nie versoening wil hê nie.
Woede: Uitbarstings,
vurige humeur. Word vinnig kwaad oor selfsugtige redes.
Toorn: Aanhoudende/voortdurende
ingesteldheid van woede wat opgekrop word. Toorn is onder die oppervlak, terwyl
woede is wanneer dit uitkom.
Geskreeu: Raak
buite beheer
Laster: Iemand se reputasie vernietig deur
te lieg, skinder, stories versprei.
Boosheid: Doelbewus iemand anders kwaad aandoen.
Koue haat, verby die punt van omdraai.
Teenoor hierdie gedrag sien ons ook die positiewe ketting in vers
32. Vriendelik, vol ontferming, vergeef mekaar soos Christus ons vergeef het.
Samevatting
Om kwaad te word is ‘n emosie waarmee ons geskape is. ‘n Persoon
wat nooit kwaad word nie is nie ‘n regverdige Christen nie. Ons moet kwaad word
oor dit wat God se eer aantas.
Ons is geskape na die beeld van God, maar ons sondig steeds, en
daarom is ons toorn nie altyd geregverdig nie. Dan moet ons dit stop, voordat
dit kan uitloop in sondige gedrag.
No comments:
Post a Comment
Note: only a member of this blog may post a comment.