Wednesday 7 September 2016

The push and pull problem in Marriage

Marriage and family living class by dr Joel Beeke:
http://www.sermonaudio.com/sermoninfo.asp?SID=12100616556

NOTAS:

The Push and Pull Problem in Marriage
“Push Pul Marriages” deur Les Carter (1983)


Algemene Eienskappe van ‘n PUSH-PULL HUWELIK
Huwelik wankel om skipbreuk te ly…nou of later

1.       Afdraande Argumentasie
Toenemende argumente; Geen struktuur; harde, kwaai woorde; diep wonde; hardkoppig; weersin
2.       Swak Luister
3.       Magspel
4.       Kontrolerings Tegnieke
Enige iets om doel te bereik; skree; stilstuipe; verlaat die kamer; dreig, smeek, weerhouding van seks, uitstel
5.       Waarheidspeling
Verdraai waarheid; doelbewuste weerhouding van waarhede
6.       “My behoeftes” Sindroom
Selfsugtigheid
7.       Vassit in dieselfde Groef
8.       Gee gou moed op

Tegnieke gebruik deur Albei = Verniel Huwelik
Veeleisend; skuldgevoelens; hulpeloosheid; smeek; uitermate vriendelik; vaag; verleidend; weerhouding; halfhartig; onbetroubaar; dikmond, sarkasme

Hoe kan mens dit regmaak/verander?
1.       Begeerte om te verander. Wil jy die probleem oplos? (Inligting en onus op paartjie)
2.       Buisaamheid sonder om te sondig. Moenie beginsels buig nie. (Koekie voorbeeld)
3.       Sensitiwiteit Empatie “Ek oorweeg jou behoefte”
4.       Vryheid Elkeen moet hom/haarself kan wees. Twee word een
5.       Openheid Terugvoer. Konstruktiewe Kritiek
6.       Kommunikasie met takt en liefde!
7.       Geduld
8.       Vriendelikheid
9.       Poging Strewe na ‘n baie goeie huwelik!

Evaluasie en diagnostiese vrae om leiding te gee tot ‘n opbouende vriendskap en intimiteit in huwelik:
“Omdat die HERE getuie is tussen jou en die vrou van jou jeug aan wie jy ontrou geword het, terwyl sy tog jou metgesel is en die vrou van jou verbond” Mal 2:14
Puntetoediening:  4=Gewoonlik    3=Gereeld     2=Soms    1=Selde     0=Nooit

Punt
Vraag
Push/Pull
Oplossing vgl Beeke
OORTREDINGS

Is jy bereid om geduldig en gewillig toe te laat dat jou man foute maak sonder om kwaad te word of om toe te laat dat die foute julle verhouding skade aan te doen? Fil 2:3-4



Gee jy vergifnis wanneer jou man vergifnis vra?



Laat jy jou man toe om met jou te verskil sonder om onsteld te raak?



Soek jy gou versoening wanneer jy jou man seergemaak het? Mat 5:21-26; Jakobus 5:16



Soek jy gou versoening waneer jy geraak word deur sy sonde? Mat 18:15; Luk 17:3



Het jy die vrymoedigheid om hom sagmoedig, liefdevol en vriendelik te wys op sy sonde wanneer die sonde ‘n patroon vorm in sy lewe? Spr 27:5-6, 9: Gal 6:1-2


VRYHEID

Voel jy vry om jou eie opinies en idees met jou man te deel?



Verwelkom jou man jou idees en opinies?



Laat jy toe dat jou man homself kan wees in jou teenwoordigheid; weerhou jy jouself om druk op hom te plaas om iets te doen? Rom 15:5-7



Jy is nie bang om gewoontes of gedrag te verander wat jou eggenoot ongelukkig of ongemaklik sal maak nie?



Luister jy met aandag na jou man se belangstellings en bekommernisse al is dit buite jou begripswêreld of belangstelling? Job 21:1-3; Spr 18:2; Fil 2:4


EMOSIONEEL

Probeer jy om sover moontlik spanning en konflik te vermy? Rom 12:16,18,14:19, Fil 2:1-2, 4:2



Gee jy ondersteuning en liefde wannneer jou man swaarkry of hartseer beleef?



Deel jy jou emosies op ‘n gereelde basis?
Verstaan en voel jy jou man se swaarkry en hartseer? Rom 12:15; 1 Kor 12:25-26; 1Petr3:8



Verstaan jy en jou man mekaar as julle probeer om jul standpunte te stel?


VERHOUDING BOU

Maak julle jul verhouding prioriteit?



Hou julle daarvan om bymekaar te wees?



Doen julle verskeie dinge saam, al is dit nie jou belangstelling nie?



Behandel julle mekaar nog spesiaal? (Man hou die kardeur oop vir sy vrou; geskenke; ens)



Oefen jy gasvryheid op jou man: is jy warm, hartlik, entoesiasties en vriedelik met jou man? Rom 12:13; 1 Petr 4:8-9



Wys jy respek vir jou eggenoot?



Soek jy en jou man daarna om mekaar te plesier?



Maak jy ‘n gewoonte om soveel behoeftes en begeertes van jou man te bevredig? Luk 10:25-37; Joh 13:14-15; Gal 5:13; 1 Joh 3:17-18


INTIMITEIT

Sien julle uit en geniet julle seksuele intimiteit met mekaar?



Is julle bedag op jou man se fisiese/seksuele begeertes soos oor jou eie? 1 Kor 7:3-4; Fil 2:3-4


PRAKTIES

Stem julle saam in hoe geld gespandeer word?



Stem julle saam oor kinderopvoeding?


GELOOF

Stem julle saam oor die rol van man/vrou wees in die huwelik?



Verstaan julle die rolle van man/vrouwees dieselfde?



Probeer jy aktief jou man spiritueel opbou? Ef 4:29; 1 Tess 5:11



Is julle bereid om saam na Bybelse oplossings te soek wanneer nodig?



Handhaaf jy ‘n goeie persoonlike spirituele verhouding met die Here wat diep en betekenis vol is?



Het jy gereelde selfondersoek waar jy jou sondes voor die Here bely en daarvan bekeer?



Memoriseer en oordink jy Bybelgedeeltes om reg met God te wandel?



Bid jy vir jou man?


109-144
Ervaar ‘n baie diep vriendskap en intimiteit.
93-107
Moontlike behoefte tot verbetering
Onder 107
Bespreek met jou eggenoot en oordink elke aspek waar oplossings gesoek moet word.

Saamgestel uit die boek “Sweethearts for a lifetime” deur Wayne A Mack en Carol Mack


No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.