Wednesday 17 August 2016

Hoe om kommunikasie tussen huweliksmaats te verbeter 1,2 en 3
Joel Beeke
Rigters 13:1-12
Efesiers 4:25 – 30
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Probleem: Kommunikasie is van die belangrikste aspekte huwelike. Baie mense (veral vrouens) voel die ander een “luister nie
Voorbeeld: Die man verkeer goed sosiaal (werk, kerk, ens), maar tuis is hy die “stil” tipe.
Die man praat nie met sy vrou nie, terwyl die vrou nie haar man verstaan nie.
Mense word eensaam en depressief in die huwelik en reken dat hul elders kommunikasie moet vind. Hulle soek dit dan op die verkeerde plekke of by ander mense. Baie buite-egtelike verhoudings ontstaan omdat die ander man of vrou bloot net geluister het na jou. Daar vorm dan ‘n intieme band tussen die 2 partye.
NB: Kommunikasie is soos ‘n uit wat afgeskil word. Moet by die kern van die ander se gevoelens uitkom.
Oorsaak? Teleurstelling in die huwelik en ʼn wanvoorstelling van hoe die huwelik sou wees. Weer die “ships passing through the night” beeld waar elk in sy of haar eie wêreld leef en mekaar as vanselfsprekend aanvaar. Die kanale van kommunikasie is dikwels gesluit ten spyte van die ernstige innerlike behoefte by beide eggenote aan kommunikasie, kameraadskap en mededeling. Die man en vrou lewe verby mekaar.
Dit is nie hoe God dit wou hê nie. Die mens is tog ʼn sosiale wese! “Gen 1:26:  En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis”. Die Drie-enige God is per definisie ‘n Sosiale Wese. Ons is na die beeld van God geskape. God het die huwelik as ʼn intieme verhouding tussen man en vrou geskep.  Die huwelik is beslis nie bedoel om eensaam te wees nie. Gen 2:18:  “Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n hulp maak wat by hom pas.”
                         _____________________________________________________

Tipes kommunikasie binne die huwelik:
1.      Intellektuele kommunikasie
Die vrou wat dikwels in die geselskap van kindertjies is, het die behoefte om intellektueel gestimuleer te word. Dis nie goed om net oor vuil doeke en nat neuse te praat nie.
Gesels oor aktuele gebeure en idees oor enige iets wat intellektueel stimuleer sodat man en vrou saam intellektueel kan groei. (kinderopvoeding, huweliksverryking, stokperdjies, idees, interessanthede, ens.). Intellektuele gesprekke oor geloof is belangrik en intellektueel-uitdagende bybelstudie. Verwys ook na geestelike kommunikasie

2.      Fisiese kommunikasie
Dikwels is man en vrou nie op dieselfde bladsy wanneer dit kom by fisiese kommunikasie nie. Hy voel sy reageer nie genoeg fisies nie, terwyl sy voel hy is net in haar lyf geïnteresseerd.
Seksuele intimiteit vind dalk plaas, maar dis nie so gereeld of bevredigend soos dit kan wees nie en beide partye sukkel om daaroor te kommunikeer.
Dis nodig dat huweliksmaats leer om met mekaar ook oor fisiese dinge te kommunikeer (verwys na ʼn vorige aanbieding).
Die woord “gemeenskap” wat in die Ou Testament gebruik word in ‘n seksuele konteks kom van die woord yada af wat “ken” beteken. Soms word hierdie selfde yada vertaal met die woord “beken”.  Dus beteken dit om mekaar te ken. Om te kommunikeer. Kommunikasie is dus nie net verbaal van aard nie. Sommige dinge in die huwelik kan bloot net nie met woorde gese word nie...

3.      Emosionele kommunikasie
Praat oor emosionele behoeftes en kom tot ʼn vergelyk.
Man kom tuis na werk en lees dadelik die koerant. Vrou voel verwaarloos – hy het die hele dag met mense gepraat en kan nie met my praat nie.
Man voel hy het die hele dag met mense gepraat! Hy sal na ete met haar gesels.
Man en vrou moet saamstem en gesels oor ʼn oplossing wat die emosionele behoeftes van beide partye bevredig.
Daar moet ʼn tyd wees in die dag waar huweliksmaats mekaar emosioneel ondersteun deur te gesels oor die gevoelens wat hulle deur die dag beleef het.
Mans sukkel oor die algemeen om regtig te luister na vrou se diepste gevoelens.
Dis ‘n goeie idee om reflektief te luister.

4.      Geestelike kommunikasie
Dis krities vir ʼn uitstaande huwelik!
As jy ʼn A+ huwelik wil hê moet jy leer om te kommunikeer oor die dieptes van jou siel. Wat gebeur in jou hart? Wat is jou geestelike behoeftes? Hoe is jou verhouding met God?
Bid saam sonder voorbehoud – soos wanneer jy alleen bid.
Dit word ʼn leefwyse om oor die dinge van God te gesels en dieselfde geestelik te voel en dink. Moenie skaam wees om jou hart voor mekaar teenoor die Here uit te stort nie. Soos Manoag in die teksgedeelte.
Ons leer mekaar ken vanuit ons gebede. Hoor wat is vir mekaar belangrik. Hoor mekaar se behoeftes.
Vermaan mekaar, vorm mekaar, moedig mekaar aan.
Goeie geestelike kommunikasie gee sekuriteit en die uiterste diepte in ʼn verhouding. Tipes 1 -3 verbeter ook wanneer geestelike kommunikasie groei.
Fil 1:6:  “dat die gemeenskap van jou geloof kragtig mag word deur die kennis van alles wat goed in julle is, tot eer van Christus Jesus.” – Gemeenskap hier: koinōnia     {koy-nohn-ee'-ah}  (Communion – nagmaal) (Union = 1)
partnership, that is, (literally) participation, or (social) intercourse, or (pecuniary) benefaction: - (to) communicate (-ation), communion, (contri-), distribution, fellowship.

Dit het te doen met een-wording. Die huwelik kan nie sonder kommunikasie een-wording wees nie.
                                   ________________________________________

Hoe verbeter ons dan die 4 tipes kommunikasie binne die huwelik?
Oorkom verveeldheid en verbeter “regte” kommunikasie. 1Tim 5:13:  “En tegelykertyd leer hulle ook om ledig by die huise rond te gaan; en nie alleen is hulle ledig nie, maar ook praatsiek en bemoeisiek, want hulle praat wat nie behoorlik is nie.” Moenie net praat om te praat nie. Praat met ‘n doel.
Die man kom vir die 4000ste keer tuis na werk, die vrou vra vir die 4000ste keer hoe sy dag was en hy antwoord vir die 4000ste keer met ʼn gemompel = BORING! Ons kan net nie meer praat nie, dis altyd dieselfde dinge...
Sy vra altyd uit oor haar man se dag en luister dan na die hele relaas, maar hy stel nooit belang in haar dag nie. Naderhand hou sy ook op om aan kommunikasie te werk, want hy stel nooit in haar belang nie en uiteindelik kommunikeer niemand meer met mekaar nie...

Oplossing: Ek gaan myself verbind om aan hierdie huwelik te werk deur met my huweliksmaat te kommunikeer. Kan dalk lysie maak van waaroor jy met jou man wil praat.

Hoe? Begin JY praat! Wees “ander-persoon-gesentreerd.
Vra vrae of maak stellings oor die ander persoon se lewe.
“Hoe was jou dag?”
Stemtoon – liefdevol
Oë – maak oogkontak
Gesig – wys jy gee om, lyk nie verveeld nie
Kommunikeer soos toe julle nog uitgegaan het.

Drie vlakke van kommunikasie:
1.      Intreevlak
Verpligte, belangrike vlak.
“Goeie more” “Hoe was jou dag?”
2.      Emosionele vlak
Dit raak jou gevoelens en emosies aan en behels meer as net die intellektuele, feitelike vlak van kommunikasie. Dit bring die innerlike persoon uit. Mans is nie so natuurlik aangepas op hierdie vlak nie, maar kan groei. Op hierdie vlak vind gesprekke plaas waar mens voel jy “connect”. Hopelik loop dit oor in idees waar mens ook vir die gemeenskap iets kan beteken.
3.      Diepste vlak
Hier praat eggenote hart tot hart oor alles wat ʼn gevolg is van die Christelike lewe in sy diepste betekenis. Dis dinge wat mens nie vir ander mense sal vertel nie soos worstelinge, vrese, verwagtinge, begeertes, ens. Daar is geen inhibisies om jouself te beskerm nie.

Hoe kom ek by vlak 3 uit?
Neem gevoelens in ag. Vra uit oor gevoelens. Soms moet gevoelenswel gemeet word aan die skrif en soms is vermaning ten opsigte van gevoelens ook nodig, maar dis belangrik om jou eggenoot te kry om sy of haar gevoelens uit te druk. Party mense druk makliker hulle gevoelens uit as ander. Moenie jou eggenoot met ander vergelyk nie. As jou man sy gevoelens moeilik uitdruk, aanvaar hom en aanvaar die uitdaging om hom veilig en gemaklik by jou te laat voel, sodat hy teenoor jou sy gevoelens sal uitdruk.
ʼn Advokaat kom tuis nadat hy ʼn saak in die hof gewen het. Wat is die gewenste reaksie van sy vrou?
“Jy wen alweer interessante sake en ek moet by die huis sit en die skottelgoed was.”
“Ek is so trots om jou vrou te wees.”
“Baie geluk! Ek voel regtig bly vir jou!”
“Dankie dat jy dit met my gedeel het. Hoe het jy gevoel nadat jy gewen het? Wat het gebeur? Vertel my – ek stel regtig belang. En jou baas? Hy is sekerlik baie tevrede met jou werk, wat het hy gesê?”

Die belangrikste: Maak ʼn besluit voor God, ter wille van jou huwelik, kinders en jouself – Ek gaan aan kommunikasie binne my huwelik werk!

Spreuke15:1: “‘n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar ‘n krenkende woord laat die toorn opkom.”
Spreuke 15:28:  “Die hart van die regverdige dink ná om te antwoord, maar die mond van die goddelose laat slegte dinge uitborrel.”
Spreuke 18:13:  “Hy wat antwoord gee voordat hy gehoor het, vir hom sal dit ‘n sotheid en ‘n skande wees.”
Jakobus 1:19:  “So dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.”
                                                 ___________________________________________________________

Efesiers 4:25-30
v.25
Lê die leuen af en speek die waaheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede.
As jy vir jou man moet jok (wit leuens vertel/ dinge nie vertel nie) is daar groot kommunikasie probleme in julle huwelik.
bv. vrou wat haar man beskuldig het dat hy geld steel, toe die storie uitkom het hy eintlik net geld uitgehou vir hulle huweliksherdenking – dit is ook nie die moeite werd om ter wille van ‘n verrassing jou huweliksmaat te ontstel nie… Of die prys van die rok wat jy gekoop het so bietjie minder maak as wat dit werklik was.
v.26
Word toornig en moenie sondig nie;
Die belangrikste is liefdevolle kwaadword vir jou man se sonde en nie vir hom nie.
Meeste kwaadword is sondig en die groot rede is omdat mense dit nie reg hanteer nie
Moenie stilstuipe kry teenoor jou man nie, moet ook nie als inhou en dan ontplof as dit opgebou het nie.
Sorg dat kwaadword nie ‘n huwelikskrisis veroorsaak nie, hanteer dit op ‘n volwasse wyse.
“laat die son nie onder gaan oor julle toorn nie”
Sorteer elke dag se probleme uit, moet dit nie los vir later nie, anders bou dit op.
Jy MAG NIE kwaad gaan slaap en jou rug op jou man draai nie, julle moet steeds as EEN in die Gees gaan slaap.
Praat uit!!! (nie kussing skree of bokssak boks nie, hierdie wêreldse maniere van woedehantering gaan nie die probleem oplos nie.)
Seksuele probleme ontstaan baie keer eintlik agv kommunikasie probleme.
v.27
“En gee aan die duiwel geen plek nie”
“the devil is in the detail”
Die duiwel kry vatplek deur middel van:
agterdog en
opvlieëndheid en
om heeltyd op kleinste, simpel detailtjies ingestel te wees.
v.29
“Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net ‘n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.”
Praat woorde wat pas by die geleentheid.
Geduldige en genadige woorde is belangrik.
As jy nie weet hoe om saak aan te spreek nie maar jy doen dit sagkens en liefdevol, dan maak jy die kanaal oop sodat jou man kan luister en jou raad kan waardeer.
v.30
“En bedroef nie die Heilige Gees van God nie”
Die Gees het jul tot een verbind.
Moenie die gees bedroef deur jul huwelik nie.
v31
“Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid.”
v32
“Maar wees vriendelik (kind), en vol ontferming (tender hearted) teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.”
Jou woorde en houding kan jou huwelik vernietig of opbou. Lê jouself af en gee van jou tyd ens vir jou man. Gee gee gee alles wat dit vereis om jou liefde te bewys. God het die wêreld so lief gehad dat hy sy enigste Seun GEGEE het. Gee en vergeef. Laat jou man verstaan dat jy ‘n houding van vergewingsgesindheid het. As julle nie voorheen goeie kommunikasie in julle huwelik gehad het nie, kan julle in Christus begin om goed te kommunikeer! Wanneer mens onthou wat Christus vir jou gedoen het kan jy deur slegte kommunikasie gewoontes breek. ‘n Goddelike lewe deur die instruksie van die Woord en die krag van die Heilige Gees is moontlik. Hou moed. Jy val dalk keer op keer, maar moenie opgee nie, jy kan nie in jouself dinge uitsorteer nie, maar deur Christus is dit moontlik!
Vergewe: Ek sal nie weer die saak opbring nie, nie teenoor jou of iemand anders of myself nie! ‘n Houding van ‘n Christen wat nie ‘n ander een wil vergewe nie is ‘n skande! As jy jou huwelik wil vernietig, staan op vir jou eie regte!

Aktiwiteit:
Maak ‘n lysie van dinge waaroor jy die volgende 2 weke graag met jou man wil gesels om hom beter te leer ken.
Jy kan ook ‘n vraelys opstel van basies goed wat jy en jou man vir mekaar kan vra.
_______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________
Mat 5:37; Ef 4:29; Kol 3:8,9; Fil 1:6; Gal6:6; Fil 4:14; 1 Tim 6:18; Heb 13:16; Spr 15:1,4


No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.