Wednesday 27 July 2016

God se plan vir die gesin (Christen) se lewe
Kolossense 3 (Efesiers 4:22-32)
Vers 1-11     AGTERGROND                
§  Waarna moet verlostes soek en wat moet verlostes bedink (v. 1-2)?
§  Lys die werke wat gekenmerk word met die ou mens wat ons moet uittrek (v. 5&8).
§  Wat moet ons met hierdie ‘lede’ wat op die aarde is doen? en waarom noem Paulus dit ons ‘lede’ (v.5)?
§  Watter kennis verkry ons wanneer ons met die nuwe mens beklee is?  (v. 10 & Ef 4:22-25).
§  Wat word alles vernuwe? (v.10,11&17, Ef4:23).

Vers 12-17   GOD SE PLAN VIR ‘N CHRISTEN SE LEWE               
§  Wat is alles deel van die mens se “gemoed”? Ef 4:23 v. 17 & 23.
§  Wie is in beheer van ons “gemoed”?
§  DUS: Die dele van die nuwe mens wat uitgelig word is die effek en bewys van ‘n verloste se lewe.

Vers 18-25   VERDERE TOEPASSING                                          
  • Gaan oor vroue, mans, kinders en diensknegte
  • Wat bly op die ou end ons motivering waarom ons wil volhard om al hierdie dinge te doen (v. 17 &24)?
  • In die lig van die bogenoemde, wat kan ek my kinders leer oor die keuse van ‘n huweliksmaat?


KENMERKE VAN DIE NUWE MENS

Kol 3


Ef 4:22-32

Gal 5:22
12
Innerlike ontferming
25
Praat waarheid
Liefde

Goedertierenheid
26
Word toornig, moenie sondig nie
Blydskap

Nederigheid
27
Duiwel geen plek nie
Vrede

Sagmoedigheid
28
Nie steel nie, arbei en gee
Lankmoedigheid

Lankmoedigheid
29
Geen vuil woorde,
maar woorde van stigting
Vriendelikheid
13
Verdra mekaar
32
Vriendelik
Goedheid

Vergewe mekaar

Vol ontferming
Getrouheid
14
Liefde

Vergewe mekaar
Sagmoedigheid
15
Vrede van God


Selfbeheersing

Wees dankbaar



16
Woord inwoon







TOEPASSING IN DIE HUWELIK EN GESIN  - Om God te eer en ‘n wonderlike huwelik geniet
12
Innerlike ontferming
“Bowels of mercies”
Band tussen ons emosies en ingewande (kop en hart) = Eerlike liefdebetoning vanuit d hart teenoor mekaar.  bv wanneer jou man fisies / emosioneel siek is

Goedertierenheid
“Kindness”
Fondasie van huweik sien dit in  klein gunsies  (drukkie, aanraking, “ek is lief vir jou”) en groot dinge

Nederigheid
“humbleness of mind”
Lê jouself neer en eis niks vir jouself op nie Nederigheid! Nederigheid! Nederigheid! Voor God en mekaar.  Dus onderdanigheid onder God en mekaar.  Ook wanneer julle alleen tuis is.  Voel geëerd om met jou man getroud te wees. bv. Gaan ook in rigting waarin jou man/vrou wil

Sagmoedigheid
“meekness/ gentleness”
Meer as goedertierenheid, geduld met ander en hul swakhede.  bv. wanneer jou man iets negatiefs sê en jy wil hom terugkry – tree eerder sagmoedig op.  Vra: hoe kan ek ‘n beter vrou wees?

Lankmoedigheid
“long-suffering”
Laaaak aanhou!  “Wees vinnig om te hoor en stadig om te praat”
13
Verdra mekaar
“forbearing”


Vergewe mekaar
“forgiving”
Onvoorwaardelik, soos Christus! en “moenie boek hou van die kwaad nie”.  (Moenie die hond se stert laat uitsteek nie).  Maak jou los van wat agter is!
14
Liefde
“charity/ love”
Som al bg. deugde op.  BO alles!  Want dit is die band van volmaaktheid.
15
Vrede van God in julle harte heers
“Peace of God”
Vrede wat God in ons harte lê
Kan ek die gevoel in my hart vertrou?
Die vrede heers deur inwoning van die Woord

Wees dankbaar
Gevoel van vergenoegdheid.
16
Woord inwoon
In wysheid, ALLE tyd van ons lewe.  Die Woord woon in ons hart deur middel van vermaning en sang.
Watter effek het musiek op my gemoed?
Watter waarde het die sing van Psalms?

“U Naam O Heer so hoog in heerlikheid wil ek verhef vir ewig en altyd.  U Koningseer wat alle kroon oorstraal wil ek verhef in onvermoeide taal”

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.