Thursday 2 June 2016

Hoe om jou man skriftuurlik lief te hê.
1 Kor 13: 13-14:1: “Die grootste hiervan is die liefde. Jaag die liefde na...”
1.       Pursue love: Dit beteken ons moet die liefde volg, agternasit, jag daarop maak en dit nastreef.
2.       Work at love:  Sit energie in die saak, verrig arbeid om liefde uit te oefen.
3.       Seek grace to implement it: Soek God se hulp om liefde uit te voer en liefde te verwesenlik in ons huwelike.
Om liefde na te jaag is iets wat in alle aspekte van ons lewens uitgevoer moet word. Ons kan dit die 11de gebod noem. In ‘n huwelik is liefde die kern wat ‘n huwelik effektief maak.

Elkeen oordink dit self en gee terugvoer indien die behoefte daar is.

Hoe het jy jou man lief?

Kan jy in jouselfd die eienskappe van die liefde soos genoem in 1 Kor 13 raaksien?
Laat 1 Kor 13 vir jou ‘n spieel wees. Kan die ander persoon jou ook sien in die beskrywing van 1 Kor 13? Dis ‘n stryd teen mens se sondige self om die liefde van 1 Kor 13 ui te leef. Ons poog steeds, deur val en opstaan.

Noem ‘n paar dinge waar jy dink jou man dit nie ‘verdien’ om lief gehê te word nie

Hoe kan jy in hierdie areas liefde vir jou man wys?
Soms is dit nodig om jou man tereg te wys, kies regte tyd en plek. MAAR vergewe eers voor jy hom benader, wys genade soos Christus ook met ons maak. (Sien boek deur Tim Keller: Meaning of marriage) Besef dat jy self ook ‘n sondaar is!

Agtergrond van 1 Kor 13: te kort aan liefde. Hulle het die kerk gesien as ‘n plek waar daar gekompeteer kan word met geestelike gawes. Daar was ‘n te kort aan liefde in die gemeente. Paulus sê aan die gemeente om te streef na spesiale geestelike gawes is mooi, maar ek wys julle ‘n beter manier om te lewe- Liefde.

Die liefde vergaan nimmermeer.
1 Kor 13 is die basis vir alle huweliksraad. Ons leer hoe om prakties lief te hê uit vers 4-7.

1. Liefde is lankmoedig (verdraagsaam/geduldig)
+Alle ander karaktereienskappe van liefde vloei uit hierdie fondasie: geduld
+Hou aan om jou man lief te hê ongeag of hy keer op keer weer ‘n bepaalde sonde doen/ ‘n bepaalde swakheid van karakter toon.
+ Herriner jouself daaraan dat jy jou man nie homself gemaak het nie. Dis God wat aan sommige mans een tipe gawe gee en aan ander weer ‘n ander tipe gawe gee.
+ Met baie geduld en verdraagsaam heid kan mens jou man help in areas waar daar werklik ‘n probleem is.
- Wanneer ‘n swak/slegte karakter eienskap na vore kom moenie sê: ‘ wat is fout met jou?/ Kan jy nie net leer nie?!/’

Hoe kan ons onderskei tussen ‘n slegte karaktereienskap en ‘n sonde?{Negetief, onsimpatiek, verslawing, swak selfbeeld, optimisties, geneig tot angs, intimiderend, pessimisties, eiewys, trots, stadig van begrip, onbelangstellend, onsensitief, selfsugtig...}
­­­­­Vind die hart daaragter uit voor jy kan weet wat die sonde is.  Vra die Heilige Gees vir hulp en onderskeidingsvermoë.  Alle sonde spruit voor uit ongeloof.


Hoe sou jy jou man probeer help wanneer daar ‘n slegte gewoonte/ eienskap na vore kom? Verskil dit van die manier hoe jy jou man sou reg help as hy sonde doen?
Dit is veral baie belangrik om daaroor te bid en dit in die Here se hande oor te laat, Hy is daartoe instaat om my man se hart te verander as dit nodig is. Hê baie geduld as jy sien hy stry daarteen. Moenie hom moedeloos maak en bly “nag” nie.

2. Die liefde is vriendelik.
+‘n Huwelik  sonder geduld en vriendelikheid sal altyd middelmatig bly. Christus se vriendelikheid moet deur jou oorgedra word na jou man.
+ Herriner jouself telkens aan Christus se vriendelikheid wat hy vir jou as ‘n sondaar wys.
+ Onthou dat jou man ‘n geskenk is wat God aan jou gegee het.
+ Die huwelik behoort die omgewing te wees waar vriendelikheid meer oorheersend is as enige ander plek in die wêreld.
+ Die huwelik moet deurtrek/deurdrenk/deurdring/benadruk  wees met vriendelikheid.
+ Vriendelike woorde, vriendelike dade, vriendelike gedagtes (wat jy deel) en komplimente.

Vriendelikheid en sweetness (skatlikheid) loop hand aan hand. Ons sien dit in die dae wat mens nog uitgaan as verliefdes, ons sien dit uit die briewe en die woordeskat van die reformatore en die purityne. Ons huwelike moet gedompel wees in sweetness.

Hoe kan jy ‘sweet’ met jou man wees? Hoe kan mens seker maak dat mens se hart nog vladder na ‘n huwelik van 30 jaar?
Briefies, glimlag, dinge wat jy vir hom gedoen het voor julle getrou het.
Mooi liefde/sweetness tussen man en vrou: Spr 5:18-19 en Ps 128
Die pragtige liefde tussen man en vrou afgebeeld tussen Christus en sy kerk: Ps 45

Terein 1: Verhouding met jouself (interne gevoelens)

3. Liefde is nie jaloers nie.
-Jaloesie is onvanpas as jou man net met ‘n andervrou in gesprek is (tensy hy flirt).
- Jaloesieis  ‘n sonde en dit vernietig ‘n huwelik.
- Vermy sittuasies wat struikeling te weeg mag bring/ wat mag voorkom as verkeerd
+ Liefde vertrou
+ Vertrou jou man met vryheid
+ Vertroue bou ‘

4.  Liefde blaas nie sy eie beul nie.
-Jy behoort nie die behoefte te hê om jou man te vertel hoe goed jy ietsgedoen het nie.
- Dit is nie opbouend vir ‘n huwelik om oor jouself by jou man te spog nie- jou man sal jou dan meer geneig wees om jou minder te respekteer.
+Wees nederig
+ Wees bereidom die laagste plek in te neem voor jou man
+ Alles wat ons het is nie ons eie nie, maar van God, so waaroor kan ons werklik spog?

NB: By jou man mag jy veilig voel om jou vreugde te deel as jy iets reg gekry het! Dit hang af van wat die hart daaragter is, om myself groot te laat klink en hom te verneder of om vreugde te deel.
(Tekste:Ps 44:8,  Jer 9:23,24, 1 Kor 1:31, 2 Kor 11:30, Gal 6:14, Eph 2:9)

5. Liefde is nie vol van homself nie.
-Wanneer jy blind is vir jou eie foute maar die ander persoon se foute duidelik sien.
-
Moenie te veel van jou eie vermoëns of belangrikheid dink nie.
- Gereelde fout wat plaas vind is dat die man/vrou dink hulle is ‘n beter eggenoo. Dit mag dalk waar wees, maar dit is afbrekend om dit te dink.
+ Wees dankbaar en tevrede met jou man en aanvaar hom met sy foute.
+Werk saam aan julle huwelik en vermy te hoë gedagtes oor jouself.
+ Bid vir ‘n huwelik waar jou oë blind is vir jou  man se foute en wawyd oop is vir jou eie foute.

6. Liefde tree nie onwaardig op nie

‘Onwaardig’ in Grieks beteken: skandalig, onbehoorlik, onwelvoeglik, onfatsoenlik, onvanpas, ongeskik, onbeskaamd, lomp en onbevallig.
- Onvanpaste kyke (na ander mans), gedrag of flankering.
+ Strewe na reinheid in die huwelik.

Die gedagte: ‘ek mag kyk solank ek nie vat nie’ is baie bekend in ons kultuur. Beeke sê dit is ‘n bunch of nonsense, self al gee jou man nie om as jy kyk nie, God gee wel om. Is daar ‘n bepaalde teks waaruit ons sy argument kan staaf?
Matt 5:28. Jesus sê dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar  te begeer reeds in sy hart egbreuk gepleeg het.

7. Liefde stel nie sy eie belange voorop nie.
- Die huwelik het geen plek vir selfsug nie.
- Selfsug is ‘n bewys van onsekerheid
+ Christus se liefde behoort ons die sekerheid te gee dat ons aanvaar is, en dit behoort ons te lei tot onselfsugtigheid.
+ Regte orde van prioriteit: 1. God       2. My man      3. Ek self (Dit is waarna ons streef, selfs wanneer dit bykans onmoontlik is om dit uit te leef oor ons deur en deur vol selfsug is).
+ Doen dinge wat jou man graag wil doen, selfs wanneer jy glad nie lus is om dit te doen nie.
+ Verraai jouself- luister na wat die behoefte van jou man is en skik jouself so veel as moontlik daar volgens.
Terein nr. 2: Verhouding met ander (gevoelens teenoor jou man).

8. Liefde word nie verbitterd nie.
-
Veg teen irritasies, veral wanneer jy bewus is dat dit hand aan hand met jou maandstonde is.
- Moet nooit jou stem teenoor jou man verhef nie, as jy dit gedoen het vra vergifnes, as jy dit nogsteeds doen, bekeer direk. Om op mekaar te skree is om oneerbiedig en onrespekvol te wees teenoor die persoon . Die huwelik is te heilig om op mekaar te skree.
+ Bid vir jouself vir meer geduld tydens hierdie tyd, bid vir jou man ook dat hy meer geduldig sal wees.
+ Jou man moet weet dat jy moontlik voor jou maandstonde geirriteerd gaan wees en weg bly van probleme wat hy weet jou gaan irriteer.
+ Werk saam om ‘n kalm en rustige atmosfeer in die huwelik te behou.

9. Liefde hou nie boek van dit wat hom aangedoen is nie/ bedink geen ongeregtigheid nie.
-
 Vrouens is veral geneig om in die konteks van verlede, hede en toekoms te dink. Waak daarteen om nie ou koeie uit die sloot te haal. As iets vergewe en vergeet is, mag dit nie weer opgehaal word nie.
+ Bid vir genade dat wanneer daar weer ‘n ou bekende ding is waarin jou man te kort skiet, dat jy nie jou man verantwoordelik hou vir al die klomp  kere in die verlede wat hy al die ding fout gedoen het nie- dit is vernietigend vir mens se huwelik

10. Liefde is nie bly oor die ongeregtigheid nie.
- Moenie ander mense se sondes met ander mense bespreek nie.
- Moenie skinder nie.
- Moenie jou man voor ander mense kritiseer nie.
- Moenie mekaar tot sonde verlei nie.
+ Vorm ‘n gesaamentlike span om alles in julle vermoë te doen om sonde in jul huwelik te haat en mekaar weg te stuur van sondes

Hoe moet jy jou man kritiseer wanneer julle alleen is?
Sandwich metode

Is daar ‘n bepaalde sonde waaraan jy kan dink waarteen julle spesefiek moet waak en veg in die huwelik?
Oor ander mense skinder, verlange na rykdom

11. Liefde is bly saam met die waarheid.
+Verheug jouself in die waarheid (Waarheid is teenoorgesteld van die leun wat die sonde is)
+ Vertel ander mense al die goeie goed wat jou man doen.

As ons net die goeie beeld van ons man ophou kan ons maklik die verkeerde indruk skep. Is daar nooit geleentheid om ook slegte dinge van jou man te deel nie?
Hang af wat jou motief/hartingesteldheid daaragter is. Onthou om dit in perspektief ook vir ander te plaas (noem ook die mooi dinge).

Terein nr. 3: Verhouding teenoor God.

12. Liefde bedek alles.
+ Wees bereid tot opoffering
+ Onderwerp jou aan die Here
+ Gesamentlike onderwerping (Ef 5:20) en dra saam aan mekaar se swaarkry.

13. Liefde glo alles.
+ Vertou eerstens God en Sy woord.
+ Vertrou wat jou man sê: Gee jou man die voordeel van twyfel.
+Verhouding word gebou op vertroue.
- Moet nooit agterdog wys tensy jy konkrete feite het waarmee jy jou man wil konfronteer nie.

14. Liefde hoop alles.
+ Behou hoop in jou huwelik: hoop vir verbetering in die toekoms, hoop vir ‘n lewe uit liefde.
Hoe behou mens hoop wanneer daar werklik geen hoop meer blyk te wees nie?

15. Liefde verdra alles.
+ Liefde hou uit, dit gooi nie die handdoek in nie.
+ Wees bereid om te vergewe, selfs in ernstige gevalle van hoerery. Ook in sulke situasies moet ons bereid wees om te vergewe en God se genade af te bid oor ons man. Ons moet moed bly hou vir ons huwelik solank as wat dit moontlik is.
Ek maak my los van wat agter my is! Dit beteken nie ek sal dit vergeet nie, maar di thou my nie meer vas nie, gaan nie my beÏnvloed nie.

Konklusie: Liefde vergaan nimmer meer. Ware liefde is gewortel in die liefde van Christus wat ons nooit begeef nie.



No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.